advertisement
Question
Posted by: koekoes | 2011/09/02

pynlike voete

Goeie dag u het gevra dat ek terugvoer moet gee
Het so ''n maar maande gelede raad gevra oor my man se voete wat seer en " deurgetrap"  voel. Slegs anit-inf pille het gehelp. Bloedtoetse het niks opgelewer en u en GP het na neuroloog verwys. Neuroloog, ortopeet kon niks fout kry nie. Skopieë , bo en onder het slegs massiewe mantelvliesbreuk opgelwer. Neuroloog het egter baie lae himoglobien - 5 - in bloed opgemerk wat deur GP misgekyk is. My man was baie moeg en bleek. Internis het Kalium, Kalsium en Yster aanvulling voorgestel nadat hy 4 eenhede bloed ontvang het. Hy moes toe eers Kalium los en toe Kalsium, omdat hy vermoed het een van hulle is te kort. Dit lyk of die Kalium aanvulling werk. Voete is baie beter!!! Wat nogal snaaks is, is dat voete ophou pyn sodra hy Medlemon drink vir verkoue.
Drink nou omtrent geen pynstillers meer. Hoop dit kan iemand ander ook help.
groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Koekoes

Baie dankie vir die terugvoering. Sy simptome was te wyte aan bloedarmoede en dus was die suurstof voorsiening van die weefsel na die voete beperk. Medlemon bevat baie aspirien wat die bloed verdun en dan die bloedsirkulasie in sy voete bevorder. Daarom verbeter sy pyn met die inname van Medlemon.

Dit is goed om te verneem dat sy pyn en ongemak beter is.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement