advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/11/01

Pynlike hak en voetkussing, van balans af.

Hello Dr Anrich.
My sus het nie internet so ek vra maar die volgende 2vragies namens haar, Sy kla van ''n baie seer hak, wanner sy trap pyn die kussing agter die groottoon ook tesame met haar hak aan die onderkant. Sy sukkel baie met balans, het al in die bad geval, vooroor op haar kop en was by ent wat die kristalle in haar ore " geskud"  het, neuroloog toe maar loop en val behoorlik rond en dit is net kwessie van tyd voor sy haar motor dalk omgooi, moes al noodgevalle toe nadat sy geval en haar kop baie hard gestamp en harsingskudding opgedoen het, het kortisoon gebruik maar niks help, wat nou gemaak? Baie dankie, groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Dit is baie belangrik dat sy so gou as moontlik 'n neuroloog konsulteer vir 'n ondersoek, EEG (om brein aktiwiteit te evalueer) en 'n moontlike MRI skandering om die strukteer van die brein te evalueer. Dit is baie belangrik vir haar eie veiligheid om so spoedig moontlik 'n neuroloog te konsulteer.

Die pynlike hak moet met behulp van 'n x-straal van haar voet ondersoek word. Sodoende sal daar vasgestel kan word of daar enige abnormaliteit van die hakskeen is, soos byvoorbeeld 'n uitgroeisel wat die sagte weefsel irriteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: kobus Germishuys | 2013/08/18

Graag wil ek weet, my linker hak het net begin pyn, en na klomp gekde betaak is, het die dokters gese ek het ghout. Tot ek nie meer die pyn kon vat nie, het ek n ander voetdokter gaan spreek en hy het voorgestel dat n dokter in Stellenbosch dit moet nagaan. Tot my skok, het hy dit met ultraligte en n sny gemaak om die kalsium uit te kry. Na 2 weke is dit terug en ek loop nog met die brandpyn. Totale rekening het sowat R7500.00 beloop. Die dokters het gepraat van hoenderspoor, en dit kan nie veerwyder word nie, want 90% is onsuksesvol. Graag verneem ek van u. Groete

Reply to kobus Germishuys

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement