advertisement
Question
Posted by: HcH | 2009/07/03

Pynlike eierstok en " spotting" 

Ek is 34. Het '  n histerektomie gehad op 27 na komplikasies met tweeling se geboorte. Het nog altyd gesukkel met ongereelde menstuasie siklus gepaard met ergere ovulasie pyn, baie bloed verlies.

Die afgelope twee jaar ondervind ek vreeslike pyn (ongeveer wanneer ek ovuleer) in die ligging van my linker eierstok - veral as ek hoes en op my sy le. Die afgelope 2 maandeis daar ook "  spotting"  . Hoe dan? Ek het dan geen baarmoeder meer nie?

Ek wil ook net noem dat ek en my man nie seksueel aktief is nie! Dit is dus nie die rede vir die "  spotting"  nie (snaaks wat vriendinne dink die oorsaak is??)

Het ek rede tot kommer?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy jou genokoloog konsulteer vir 'n volledige ondersoek. Dit is moontlik dat daar wel endometriele weefsel en servikale weefsel teenwoordig is. Dit ondergaan sikliese verandering en wanneer jy sou menstrueer, veroorsaak dit "spotting". Die buikpyn kan wees as gevolg van ovariele siste wat ontwikkel as gevolg van die sikliese hormoon veranderings. Jou genokoloog behoort vir jou advies te kan gee na 'n volledige ondersoek.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: wendy | 2014/02/23

Ek sit met die selfde probleem ek kry vreeslike pyn in my linker kantste eierstok dis so seer dat ek huil van pyn en dan is daar spotting en as ek gemeentskap het kry ek bitter seer

Reply to wendy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement