advertisement
Question
Posted by: Nardus | 2010/11/08

Pynlike bobeen/knie

Goeie dag

Graag wil ek uitvind wat fout is met my been/knie.Sowat n maand gelede het ek by die werk gesit en was besig om op die rekenaar te werk toe my regter bobeen reg bokant my knie liggies begin pyn, later toe ek opstaan was my been redelik seer. Met huis toe gaan tyd was die weefsel bokant my knieskyf opgeswel en rooierig.

Die volgende dag kon ek glad nie my been buig nie en het met `n stywe been en kloppend van die pyn geloop.Eks dokter toe , en hy het gese dis gout omdat ek al drie maal sowat twee jaar gelede gout in my regtervoet gehad het.Hy het my ingespuit, maar dit het nie beter geword nie. Twee dae later was dit bietjie beter, maar steeds seer.Ek het toe cataflam, puricos , coxflam gebruik asook sitrosoda.

Maar helaas die been is elke dag seer , exstrale van my hele knie struktuur het gewys alles is 100% reg.Maar ek sukkel om te hurk. of om as ek sit om my been op te lig , as ek hurk moet ek dit baie stadig doen totdat my been nie meer so seer is nie, maar wanneer ek opstaan voel dit asof my spiere van my been afskeer.Dis nie meer gereeld geswel nie, maar is heeltyd seer, as ek by my lessenaar sir en dan opstaan wil ek skreeu van die pyn.Meestal in die aande is dir meer seer effe geswel en dan is dit eers seer.

As ek die menslike spierstelsel op fotos bekyk , dan lyk dit asof die probleem in die ligament en spiere regbokant my knie is. Daar is ook `n knop/ verdikking op die liggament bokant my knie.Geen pynstillers werk nie, ook nie bruffens nie.Ek kyk ook die afgelope maand wat ek eet en eet deesdae baie aarbeie wat glo sal help, maar ook nie.

Wat dink u kan fout wees.

Ek `n man ,47 jaar oud, redelik aktief, het `n geskiedenis waar ek so drie vier maal gout in my voet gehad het die laaste was twee jaar gelede.

Lekker dag.

Nardus.








Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nardus
Alhoewel die simptome ooreenstem met gout, kan dit ook tekens van 'n bursitis van jou knie wees. Ek stel voor dat jy jou dokter vra om jou na 'n ortopeed te verwys. Hulle moet eerstens jou bloed urinesuur vlakke toets en dalk 'n bietjie vog uit die knie gewrig trek om lab toe te stuur. Jy het dalk 'n kortisoon infiltrasie in die knie se bursa nodig.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Reijnder | 2016/05/27

Hello julle ek is 13 jaar oud. Ek het eendag rugby geoefen toe ek voel ek kan nie meer hardloop nie, daar was fout in my knie. My mnr het gese hy dink dis n senewee wat vas sit in my knie knoppe. Ek wil graag weet wat gaan aan want ek kan nie meer amper loop nie

Reply to Reijnder
Posted by: CD again | 2010/11/09

Hallo Nardus
Stem saam, daarvan kan ons almal meer doen...
Hoop die knie word gou beter
Dr Bets

Reply to CD again
Posted by: Nardus | 2010/11/09

Dr. Bets , ek soen jou sommer.
Dankie vir jou raad ek het verder gaan " surf"  en volgens Wikipedia is jy reg. Wat ek het is Prepatellar bursitis, en ja ek het die afgelope tyd baie gekniel veral as ek tuinwerk en houtwerk gedoen het en het ook hoog in `n boom gewerk op `n plaas waar ek `n " hide"  gebou het vir boogjag en het baie op my kniee gesit toe ek die vloer bo in die boom geslaan het.

Net jammer ek het dit nie gekry van baie tyd op my kniee voor ons skepper nie.

Jys `n ster

Nardus.

Reply to Nardus
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/08

Hallo Nardus
Alhoewel die simptome ooreenstem met gout, kan dit ook tekens van 'n bursitis van jou knie wees. Ek stel voor dat jy jou dokter vra om jou na 'n ortopeed te verwys. Hulle moet eerstens jou bloed urinesuur vlakke toets en dalk 'n bietjie vog uit die knie gewrig trek om lab toe te stuur. Jy het dalk 'n kortisoon infiltrasie in die knie se bursa nodig.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement