advertisement
Question
Posted by: LC | 2009/09/22

pynlike bene

Ek borsvoed steeds my 2 jarige dogtertjie maar is stadig maar seker besig om op te hou, nou ek het redelik gewig opgetel, tydens die borsvoeding en het so maand gelede begin draf om net iets te doen aan die aaklige lyf. Die eerste week het dit goed gegaan maar nou deesdae pyn my bene so as ek draf dat ek maar eerder net stap. Ek is 32. Dit is beslis nie spiere nie dit is in my been self, so seer dat ek nie eens kan hurk nie so seer is dit in my maermerrie se been. Wat kan dit wees, kort ek vitamienes of hoe hanteer ek die probleem? Dankie vir die hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste LC
Ek dink jy het te veel te gou gedoen!
Stap is steeds die beter oefening- sorg dat jy goeie skoene dra en stap elke tweede dag- daarna kan jy met tussenposes 'n bietjie draf bysit, maar eers as jy reeds stapfiks is! Sorg ook dat jy 'n kalsiuminname van ongeveer 1000mg per dag inneem- hetsy in jou dieet of dieet in kombinasie met supplemente.
Sterkte met die oefening!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement