advertisement
Question
Posted by: Genoeg is genoeg | 2009/01/26

Pyne, swelling en nog pyne

Hallo Doc. Ek het die afgelope 3 tot 4 maande die snaakste simtomes. My voete/enkels en hande swel daagliks, maar nie so baie as ek by die huis my bene opsit op ' n bankie nie en die swelsel gaan ook af deur die nag.

Ek het aaklige pyne aand die regterkant net so onder my ribbes wat dan deur gaan tot onder my arm en ook agter by my rug aan die regterkant. Ek het daagliks hoofpyne en het die lelikste sooibrand denkbaar en voel moeg en sonder energie.

Ek hou water terug en slaap baie sleg in die aand. Ek is maar 33 jaar oud en is besig om so moeg te word vir die heeldag selg voel.

Ek wag nou al 3 maande vir ' n afspraak by my internis en het gehoop Dr kan vir my bietjie lig skep oor wat dalk fout kan wees. Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Genoeg is genoeg
Het jou GP al na jou gekyk ? Hy kan al klaar heelwat probleme uitskakel - mens moet kyk na jou nierfunksie, of dit dalk die rede is dat jy water terughou, en ook of jy enige hart probleme het. Sooibrand kan behandel word met iets soos Nexium en ek dink die pyne in jou bors en arm kan dalk agv triggerpoint spierspasmas wees.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement