advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/02/16

Pyne in enkels, spatare en Antistax

Hallo Dr.

Ek is 29 jaar oud en het verskriklik baie spatare op my bene. Ek het dit al langer as 10 jaar. Ek glo dit is geneties want ek het dit presies op dieselfde bene en plekke waar my ma sin is. Dit lyk ook dieselfde behalwe dat haar spatare al baie meer en donkerder is. Ek is baie bekommerd dat myne ook so gaan word. Ek dra al vir die afgelope 15 jaar glad nie kortbroeke nie.
Die grootste deel is op my buite bobeen en dan binnekant van my knie. Ek het ''n gemiddelde bou vir my ouderdom en lengte.

Ek let gister op dat ek nou ook fyn rooi are kry op my onderdele van my bene en ook op my enkels. Orals verskyn klien hopies are regoor my bene.
Ek het onlangs begin pyne kry in my bene en enkels wat ek nooit voorheen gehad het nie en teen die einde van die dag is my bene vreeslik seer en moeg. Ek doen al die afgelope 10 jaar dieselfde werk (kantoor werk) so ek het niks aan my roetine verander nie. Ek staan nie baie nie maar loop gereeld rond. Ek doen Cardio oefeninge 5 keer ''n week en stap ten minste 3 keer per week ''n lang afstand.

Wat kan ek doen oor die spatare? Moet ek iemand gaan sien en wie?

Ek wil ook graag hoor oor die produk Antistax. Het dit nou die dag ontdek in die apteek en wonder of dit sal help om alles wat ek ervaar te verbeter.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jenn

Jy sal 'n algemene snydokter moet konsulteer. Spatare kan baie goed verwyder word. Dit is nie 'n groot operasie nie. Antistax kan wel die pyn en ongemak verminder omdat dit bloedvloei bevorder.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement