advertisement
Question
Posted by: Cora Weyers | 2011/08/07

Pyn, veluitslag aan regterkant by ribbekas na galblaas galstene operasie(1Jaar later)

Subject: Pyn en vel uitslag in regterkant ''''n jaar na galblaas,galstene en mantelvliesbreuk operasie
Posted by: Cora Weyers | 7/8/2011

Het Julie 2010 galblaas met galstene en mantelvlies breuk operasie gehad. Het vyf klein snytjies op my maag gehad nou na ''''n jaar kry ek ''''n hewige pyn aan die regterkant by my ribbekas, was vir 3 dae in hospitaal is gestook met antibiotika en pyn is nog steed daar, daar is nou ''''n veluitslag op die regterkant wat lyk soos ''''n rush (dit voel of daar turksvydorintjies in is) wat moet ek doen.? Ek is hardlywig en het geen dairee gehad asgv. my operasie nie! Moet ek ''''n spesiale dieet volg? Die pyn is irritated en ek voel sommer net nie meer lus om te lag nie. Was in hospitaal opgeneem vir pneumonie en behandelong gekry vir dit wie moet ek gaan sien HELP ASB

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cora

Ek stel voor dat jy jou dokter konsulteer, aangesien daar vele moontlike oorsake vir jou pyn en veluitslag is. Na die operasies kan fibrose vorm (oormatige bindweefsel) wat jou simptome kan verklaar, asook die hardlywigheid. Die pyn kan ook as gevolg van gordelroos wees (veluitslag aan regterkant met geassosieerde pyn).

Intussen kan jy Laxette stroop, 20ml twee maal per dag in kombinasie met Softlax 2 tot 4 tablette in die aand vir die hardlywigheid gebruik. Pyn medikasie moet voorgeskryf word na 'n deeglike ondersoek.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement