advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/09/05

Pyn oor blaas/buik

Hi Doc Anrich,

Ek het gister gedurende die dag ' n geweldige brand oor my blaas/buik asook laerug gekry. Dit het die hele dag so aangehou ondanks Synapforte en Buscopan. Ek was na ons werk se Kliniek en die urien-toets laat doen - 100% normaal.

Later die middag het dit net erger geword en is ek na my GP toe wat dink dis sub acute appendiciits. Bloede laat doen: CRP, VBT en ESR en antibiotika (Augmentin en Cipralex) en Lentogesics gekry. Bloede het terug gekom, maar als is normaal.

Die pyn het nie verbeter nie. Ek is naar en koud en natgesweet.

Kan dit nogsteeds my blindederm wees? Die bloede is dan normaal?

Baie dankie. Intussen drink ek nog die meds tot ek van Dok gehoor het.

Groete,

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cornel

Lekker om van jou te hoor.

Dit klink vir my asof jy koors het met gepaardgaande laer buikpyn wat verwys na jou laerug. Ek stel definitief voorstel dat jy 'n algemene chirurg konsulteer en 'n lae buik sonar gedoen word ('n CT scan van lae buik sal ook voordelig wees). Dit is belangrik om spesiale ondersoeke te doen en sodoende presies vas te stel of die pyn veroorsaak word deur appendisitis, mesenteriele addenitis, poliepe van laer buik ens.

Terugvoering sal waardeer word.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cornel | 2009/09/05

Ek moet dalk noem: ek het 4 jaar terug ' n Histerektomie gehad, maar het nog my eierstokke. Kan dit ovulasie pyne wees?

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement