advertisement
Question
Posted by: Landa | 2009/09/07

Pyn naby die sternum

Hi

Ek sit al weke met n pyn. Dit is moeilik om te beskryf. Ek het eers gedink dis my onderklere wat my vel skaaf. Dit is by my sternum. Ek het gereeld poeier gegooi en room aangesit, Maar niks werk nie. Daar is ook nie rooi merke of n rash nie. My rib aan die linkerkant van my sternum is net so seer. Selfs al druk ek net so effentjies daar. Ek is nie seker of dit met mekaar verband hou nie? Ek het so 2 maande terug verkoue gehad. Ek het die een keer so intens genies dat ek n baie skerp pyn op daai rib gekry. Sederdien is dit so seer. Partykeer as ek te lank sit, dan is my rib en my maagspiere seer in daai omgewing. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Dit voel of iemand n mes in die area van my sternum (waar die vel seer is) gesteek het. En dit is n aanhoudende pyn.

Enige advies sal welkom wees.

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Landa
Jy het dalk costochondritis ( inflammasie van die kraak been waar die ribbe en borsbeen bymekaar kom) Mens kry dit nogals na virus infeksies. Probeer 'n anti-inflammatoriese middel soos Mypaid en smeer Voltaren gel op die area. Maak net seker dit is nie jou maag wat inflammasie het nie ( net onder die punt van die borsbeen - dit gee gewoonlik 'n branderige pyn wat na die rug kan sprei en soms op die ribrand ook pyn veroorsaak) Mypaid sal dit vererger as dit jou maag is.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement