advertisement
Question
Posted by: Griet | 2009/10/26

Pyn met penetrasie

Hi Doc

Ek het ' n volle histerektomie gehad op 38 is nou 45, behalwe vir die warmgloed wat dank vader nou beter is, nadat ek premarin gebruik, is ek ook baie " droog" . Tydens gemeenskap kan my man my glad nie penetreer nie ek kry vreeslik seer al smeer ons KY jelly aan kom hy nie eers effens in nie... dan wil ek skree van pyn. Is dit net drooghei9d of kan dit iets ander soos ' n groeisel of so wees. Ek moet byvoeg dat ek ' n chronies jeuk het net buite die opening van my vagina, nie so erg dat ek heeltyd wil krap nie, tog is ek altyd bewus van die " gevoel" , ek het al gevoel of ek iets kan voel maar in my domgeit weet ek nie wat moet en wat moet nie wees nie. Enige raad? Ek het nie ' n mediese fonds nie en kan dus nie ' n gynekoloog bekostig nie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Griet
'n GP kan ook kyk wat aangaan - dit kan dalk 'n spierspasma wees wat jy kry omdat jy bang is dit is seer, of 'n vergroeiing. Maar iemand moet kyk wat fout is, want so iets kan sleg wees vir jou huwelik. As jy self jou vinger daar kan insit sonder om te sukkel, en dit voel nie vir jou baie vernou nie, moet jy dalk daaraan dink om 'n sentrale spierverslapper te gebruik soos 1/2 valium so uur of wat voor gemeenskap - maar bespreek met jou dokter. Ek dink ook hy moet vir jou esterogeen vaginale room voorskryf wat jy kan aansmeer - dit sal die droogheid baie verbeter.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/10/26

Hallo Griet
'n GP kan ook kyk wat aangaan - dit kan dalk 'n spierspasma wees wat jy kry omdat jy bang is dit is seer, of 'n vergroeiing. Maar iemand moet kyk wat fout is, want so iets kan sleg wees vir jou huwelik. As jy self jou vinger daar kan insit sonder om te sukkel, en dit voel nie vir jou baie vernou nie, moet jy dalk daaraan dink om 'n sentrale spierverslapper te gebruik soos 1/2 valium so uur of wat voor gemeenskap - maar bespreek met jou dokter. Ek dink ook hy moet vir jou esterogeen vaginale room voorskryf wat jy kan aansmeer - dit sal die droogheid baie verbeter.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement