advertisement
Question
Posted by: Sonja | 2009-07-07

Pyn in voet

Ek het 7 weke gelede by jul navraag gedoen mbt my voet. Jul het voorgestel dat die voet moet rus. Gedurende die universiteitsvakansie het my voet gerus en het ek nie met danslesse aangegaan nie. Ek het ook ' n X-straal geneem van die voet en jul was reg, volgens die radioloog kan hy niks verkeerd sien nie. Ek was ook by die orthopediese afdeling oorkant die Eugene Marais hospitaal en hul het silicone heel spur pad aan my verkoop. Ek dra dit elke dag in my skoen. My voet is nogsteeds seer die gedeelte agter my groottoon tot waar my voet buig (aan die bokant). Wat kan dit wees en wat staan my nou te doen? Die universiteit begin volgende week asook die dansklasse?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sonja
Lees bietjie op oor plantar faceiitis - dis maar 'n moeilike ding om te behandel. stap een is rus, en dan anti-inflammatoriese middels, silicone heel spur; volgende fisioterapie of 'n biokinetikus behandeling, volgende soms kortisoon inspuiting , soms selfs 'n gips vir 'n paar weke.
http://walking.about.com/cs/heelpain/a/plantarfas.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement