advertisement
Question
Posted by: Joos | 2009-05-17

Pyn in skouergewrig

Ek is 65 jaar oud en gesond,fiks en het n effe hoe bloeddruk.
Bo-op my regterskouer, waar die potjie is, het ek n groeisel wat ongeveer so groot soos my duim se eerste lid is. Dit is al baie jare daar en was nog nooit pynlik en het nooit gepla nie.
n Ruk terug het ek egter pyn begin ervaar met die aksie as ek hande was. Die pyn kom voor in my skouerpotjie en nie by die groeisel nie. Dit voel kompleet of die liamente los is. Ek speel golf en ondervind dan geen probleem nie. Is dit IPERKONDERS op my ouderdom?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Joos,

Dit klink of die groeisel net onder die vel is en dan is dit gewoonlik 'n lipoom (vetklier) en die feit dat dit al jare daar is beteken waarskynlik dat van geen belang is sover dit jou pyn betref nie.

Die pyn wat jy beskryf is pyn met aktiewe interne rotastie-een oorsaak kan wees dat die lang kop van die biceps tendon wat deur die gewrig loop beklem kan word of selfs uit sy groefie gly met daardie posisie. Vroee artritis in die gewrig kan ook die simptoom veroorsaak. Die antwoord is dat dit nie "iperkonders" is nie en dat 'n diagnose gemaak sal moet word deur jou te ondersoek

Lees ook gerus op my webwerf oor "Biceps tendonitis" : www.shoulderinstitute.co.za

Alles van die beste,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement