advertisement
Question
Posted by: swanie | 2008/11/18

pyn in linker skouer en blad

Geagte Dr
Ek het nou al vir die afgelope 8 jaar vreeslike pyn in my linker blad en skouer. Ek was Augustus maand vir ' n Rhyzotomy op my nek maar na twee weke was die pyn weer terug. Die pyn in my skouer is nou veel erger en dit veroorsaak ook ' n naalde en spelde sensasie in my vingers. My linker arm en hand voel altyd warm en my linker hand is soms geswel.
Ek is ook nou verwys na ' n Rheumatologyst toe, maar ek weet nie of dit my probleem gaan help nie. Wat stel u voor, help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Swanie,

as ek jou simptome oorweeg nl die pyn wat aanhoudend is in jou blad, skouer en naalde en spelde prikkeling wat in jou hand insprei en boonop het jy die dokers laat dink dat van jou nek afkom is daar 'n kans dat dit 'n torakale uitgangsindroom is : sien ons webwerf: www.shoulderinstitute.co.za en kyk na "Thoracic outlet Syndrome" en sien of die tekens daar genoem jou aan jou toestand laat dink . Indien wel moet jy laat weet waar jy woon en ons moet vir jou uitvind wie die naaste dokter is wat jou sal kan help. ek dink nie 'n rheumatoloog sal jou kan help nie

Groete,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Johan | 2015/08/03

Halo, Ek raak die afgelope tyd wakker met 'n pyn in my linkerskouer, Dit voel meer asof dit in die spiere van die bo-arm is as in die gewrig. Gewonder wat dit kan wees. Ek gebruik cholesterol medikasie(Storwin)

Reply to Johan
Posted by: Anonymous | 2009/05/21

slight pain in left shoulder intensified by a deep breath

Reply to Anonymous
Posted by: Swanie | 2009/01/08

Beste Doc de Beer

My vorige skrywe aan u verwys. Kan u my asseblief verwys na ' n dokter in Port Elizabeth wat my moontlik kan help!

Groete

Swanie

Reply to Swanie
Posted by: swanie | 2008/11/28

Geagte Dr de Beer
Baie dankie vir u advies. Ek het na u webwerf gegaan en al die simptome wat beskryf word onder " Thoracic outlet Syndrome"  beskryf presies die pyn en simptome wat ek het. Ek woon in Port Elizabeth en sal dit baie waardeer indien u my kan verwys na die regte " mense" . (Slegs vir u inligting - ek was onder Dr van Aarde se behandeling).
Nogmaals baie dankie.

Groete

Swanie

Reply to swanie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement