advertisement
Question
Posted by: Griet | 2010/03/02

Pyn in kuit

Ek het Sondagmore wakker geword nadat ek ''n kramp in my kuit gekry het. Dit het gou beter gevoel nadat ek opgestaan het en teen die koue muur gaan staan het (wat altyd werk). Sondagnag kon ek byna nie slaap nie so het dit gepyn en ek het dit toe gevryf met arnica olie en soos ek vryf voel dit vir my die pyn skiet rond in my kuit. Gisteraand het ek dit weer gesmeer en met ''n warm sak gelê , toe ek gaan slaap het ek dit toegebind met ''n verbind en dit was beter deur die nag, hoewel ek bewus was daarvan. Vandag is dit steeds seer en as ek my voet op ''n seker manier draai of as ek gesit het en opstaan m.a.w. op die been trap skiet die pyn op in my been. Ek het gisteraand ''n disprin gedrink want iemand het gesê  dit kan dalk ''n bloedklont wees. Ek is 45 en het ''n volle histerektomie gehad en is dus in ''n vroeë  menopouse, daarom kry ek van tyd tot tyd die krampe maar nog nooit so erg soos die nie. Ek drink daagliks dolomite en Calmag. Wat dink u, moet ek GP toe gaan of sal dit beter word met tyd? Kan dit spatare wees want ek het al gesien ek het fyn spatare op my bene?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Griet
Laat jou dokter liewer 'n bloedklont uitskakel, want dit kan na jou longe toe skiet en 'n long embolis veroorsaak. Fyn spatare behoort nie probleme te veroorsaak nie. As jou dokter nie tekens van 'n bloedklont kry nie, sal 'n anti-inflammatoriese middel en 'n spierverslapper waarskynlik help.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: louisa | 2010/05/04

Ek het die afgelope tyd met vreeslike spasma in my rug en linker been ag.v. baie sitwerk ontwikkel , fisio daarvoor ontvang en is 99 persent gesond, nou eweskielik in pun in my regter been se kuit net as ek loop ek het spier verslapper gedrink, maar nie regtig gehelp nie. as ek slaap of sit is dit totaal weg,. As ek daar druk voel dit effe seer. My vraag net is hoe moet dit voel of kan mens agterkom as daar ''n bloedklont is? Ek is 54 het historektomie gehad, gebruik plakker hormoon aanvulling. DIe plak ek al om die week om ''n ander deel van my liggaam onder die naeltjie se lyn

Reply to louisa
Posted by: cyberdoc | 2010/03/02

Hallo Griet
Laat jou dokter liewer 'n bloedklont uitskakel, want dit kan na jou longe toe skiet en 'n long embolis veroorsaak. Fyn spatare behoort nie probleme te veroorsaak nie. As jou dokter nie tekens van 'n bloedklont kry nie, sal 'n anti-inflammatoriese middel en 'n spierverslapper waarskynlik help.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement