advertisement
Question
Posted by: Tania | 2010/01/07

Pyn in kneukels na geboorte, en borsvoeding

Hallo Dr.

Ek het kort na die geboorte van my tweede kind so twee maande terug, begin pyn in my vingers se gewrigte begin kry, in my kneukels. Ek is nou 33 jaar oud, en oor die algemeen baie gesond. Ek het wel kalsium aanvullings geneem gedurende die laaste drie maande van die swangerskap, waar baba baie kalsium gebruik, en nou dat ek borsvoed, gebruik ek Caltrate Plus, 600mg per dag. Kan die pyn wees omdat baba meeste van my kalsium gebruik, moet ek my kalsium dosis verhoog na twee of meer pille per dag? Of is dit nie baba wat my kalsium gebruik nie, maar iets anders wat kan veroorsaak dat hulle pyn. Die pyn kom voor as ek hulle beweeg en nie andersins nie, en die intensiteit verskil van dag tot dag, asook watter vingers seerder is as ander verskil ook gereeld.

Baie dankie!!

Tania

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Tania
Ek dink nie die pyn is toe te skryf aan te min kalsium nie, alhoewel jy moet sorg om ten minste 1200-1500 mg kalsium per dag in te neem terwyl jy borsvoed(in jou dieet plus aanvullings). Dit klink amper soos 'n bietjie osteo-artritis, maar dit kan ook hormoonskommelings wees. As dit aanhou moet jy jou dokter raadpleeg sodat hulle dit kan ondersoek. (ek het gesien dit is jou gewriggies in die ander e-pos)

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Healthy Bones | 2010/01/13

Beste Tania
Ek dink nie die pyn is toe te skryf aan te min kalsium nie, alhoewel jy moet sorg om ten minste 1200-1500 mg kalsium per dag in te neem terwyl jy borsvoed(in jou dieet plus aanvullings). Dit klink amper soos 'n bietjie osteo-artritis, maar dit kan ook hormoonskommelings wees. As dit aanhou moet jy jou dokter raadpleeg sodat hulle dit kan ondersoek. (ek het gesien dit is jou gewriggies in die ander e-pos)

Reply to Healthy Bones
Posted by: Tania | 2010/01/09

Jammer dr. ek het my verspreek, dit is nie my kneukels nie, maar wel die gewrigte waar my vingers buig, die wat verste van my vingernaels en nader aan my kneukels is, as ek dit so kan beskryf!

Tania

Reply to Tania
Posted by: Richarde du Toit | 2010/01/09

Hallo Dr.

Ek ly aan wat genoem word " Rustelose Bene" 
Is daar medikasie hiervoor of moet ek maar daarmee saamlewe?

Ek sien uit na u antwoord.

Baie dankie !!

Richard

Reply to Richarde du Toit

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement