advertisement
Question
Posted by: Pippie | 2009/02/17

Pyn in gewrigte

Hi Doc

My man (49) het erge rumatiek in veral sy hande en polse sy voete word ook effens geaffekteer maar nie so ergg. Ek het al alles denkbaar vir hom gegee om te drink en niks help nie behalwe kortisoon behandeling. Vandag skielik is sy regterheup so seer dat hy byna nie kan loop nie. Wat kan dit wees moet hy gaan vir verdere toetse en kan dit dalk kanker wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Pippie
Laat hy asb 'n rheumatoloog gaan sien, daar is baie effektiewe medikasie op die mark wat meer as net pynverligting gee - mens wil verhoed dat die gewrigte beskadig word so gou moontlik. Kanker gee gewoonlik uitsaaings in die bekken en rugstring en dit pas nie regtig in by die simptome wat jy beskryf nie. Hy is nog jonk en verdien om op die regte behandeling so gou moontlik te kom.
Kyk op www.medpages.co.za - kyk regs onder is 'n blou box wat sê "free search" Klik daarop, dit sal jou neem na 'n skerm - tik in category:medical, speciality rheumatologist, dan julle area en subarea - dit sal jou al die name van die rheumatoloë in julle area gee, of vra jou GP om hom te verwys.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement