advertisement
Question
Posted by: maartens | 2009/01/08

pyn in die lies

ek gaanstap gewoonlik in die middae met die honde en ervaar nou vir die afgelope week pyn in my regter lies. ek begin loop en is dit nie seer nie, maar na so ' n 500m is die pyn in my regter lies baie erg. ek hou aan met loop, en die pyn gaan dan gewoonlik weg. by die tyd dat ek weer by die huis kom, is die pyn weer terug. as ek sit en wil my been optel, dan is dit baie seer.
kan jy help asseblief? baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Maartens
Dit dui baie keer op 'n probleem van die heup gewriggie - inflammasie of arthritis of bursitis. Jy kan probeer om 'n anti-inflammatoriese middel te gebruik soos Voltaren of Brufen as jy nie daarvoor allergies is nie en nie enige ander middels gebruik wat daarmee sal bots nie ( vra die apteker) en rus die gewrig bietjie. As dit nie met hierdie behandeling beter word nie moet jy liewer 'n dokter sien
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement