advertisement
Question
Posted by: Jan | 2010/02/11

Pyn in buik/blaas area - Raad op

Hi Dokter

Ek het ' n pyn in my buik area. Was reeds vir kolon(by spesialis) en ' n scope( vir moontlike stene in blaas) ondersoek by ' n uroloog. Bloed, urune en prostaat is getoets maar alles lyk in orde. Ek was al ook vir die MR scan en dit wys slegs ' n klein lies breuk aan die regterkant. Die pyn kom elke keer voor wanneer ek begin hardloop. Dit voel of die spiere wat oor die blaas area gaan, geskeur is (weet nie of dit moonlik is nie.) Gaan fisio help hiervoor ?. Ek is nou al raadop want ek kan nie voorgerei vir comrades nie.

Dankie Jan (44 het onglangs ook geskryf)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jan
As al die algemene oorsake uitgeskakel is, sal dit nie skade doen om 'n fisioterapeut te laat kyk of jy nie dalk 'n trigger point of spierspasma in daardie area het nie. Dit kan dalk ook 'n verwysde pyn van jou rug af wees, of onstabiliteit/ontsteking van die gewriggie tussen die twee pubiese bene voor.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Theresa | 2016/04/26

Goeie aand dr Ek sukkel al 4 jaar met blaas infeksie Elke nou en Dan. Was by uroloog by urologic se hospital. Hy het kamere ingesit maar niks gekry. Het vir my macrodantin voorgeskryf om infeksie te keer. My uriene is skoon Maar die blaas brand aanhoudend. As Ek geslaap het deur die nag more is dit beter, Maar as Ek begin werk so 10 uur in oggend begin brand op blaas. Ek sit Baie want Ek doen rekenaar werk.kan dit my rug wees? Weet nie meer wat om te doen nie.

Reply to Theresa
Posted by: Anonymous | 2015/04/28

Lae rug pyn tot in blaas..21

Reply to Anonymous
Posted by: Lisa | 2014/11/26

Helo dr ek sit met n probleem al vir amper die afgeloope 2 mande ek bly vloei ma dit is nie rooi ni maar bruin en een dag is dit meer as ander en dit pla my ek is op die inplanto al vir amper 5 mande ek wil net weet wat ek moet doen of gebruik om dit te stop asb of wat kan die oorsaak wees

Reply to Lisa
Posted by: Anonymous | 2014/05/14

Ek het n verskriklike pyn op my blaas.dit is nu al vir n week maar ek kry net nie my maandsonde.wat kan dit wies

Reply to Anonymous
Posted by: Valerie | 2014/03/24

Halo Doktor:Hoop u kan my help ek kry di serste blaas en lae rugpyn tydens menstuasie ds so erg ek wrd soms lam.Dit hou vir 2dae aan maar tydens die pyn dan is dit nie bloeding wat virskyn ni,maar slym wat bloederig is help asb.

Reply to Valerie
Posted by: Henriette | 2010/02/21

ek dink ek is besig om kop te verloor. jan 08 is endometriose my my gediagnoseer en het ek gegaan vir ''n laperoskopie, vir ''n maand was die pyn weg, maar sedert daarna is al die pyn weer terug. elke maand voor (presies 10 dae) menstruasie het ek geweldig pyn oor my lae buik en rug. Die ginekeloog is raadop het nou colofac 135 mg voorgeskryf vir drie maande (reken dit kan die kolon wees). Soos dra ek menstrueer is al die pyn oor tot die volgende maand 10 dae voor my siklus. die pyn is ondraaglik dit kom en gaan. wat moet ek doen HELP ASB!!!!!

Reply to Henriette
Posted by: cyberdoc | 2010/02/11

Hallo Jan
As al die algemene oorsake uitgeskakel is, sal dit nie skade doen om 'n fisioterapeut te laat kyk of jy nie dalk 'n trigger point of spierspasma in daardie area het nie. Dit kan dalk ook 'n verwysde pyn van jou rug af wees, of onstabiliteit/ontsteking van die gewriggie tussen die twee pubiese bene voor.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement