advertisement
Question
Posted by: Ansie | 2009/01/15

Pyn in borskas

Ek is 49 jaar oud en het al ongeveer ' n jaar lank ' n konstante pyn in my borskas. Ek het op die internet geblaai op soek na ' n moontlike kwaal soos hart probleme en long probleme. Twee maande gelede het ek maar dokter toe gegaan, hy sê  toe dat hy nie bekommerd is oor die konstante pyn nie dat hart probleme net nou en dan ' n steekpyn gee. Ek vra hom toe uit oor long kanker waarop hy geantwoord het dat longe nie kan pyn nie. Ek het toe aan hom verduidelik dat dit voel of daar iets op my longe is wat uitgehoes moet word, maar aangesien ek nie hoes nie, ek dit nie uitgehoes kan kry nie. Sy diagnose was toe dat ek menopausal is en het hy vir my parasetamol voorgeskryf wat nie gehelp het nie. Ek is ' n besonderse gesonde mens en kry nie eens verkoue of griep nie. Al wanneer ek hoes is wanneer ek my keel skoonmaak van die nasale drip wat ek mee sukkel. Ek is gedurig bewus van die pyn in my borskas maar wanneer ek gaan lê  is dit of dit baie erger is. My pa en ma is albei oorlede aan emfiseem. Kry ' n mens emfiseem net van rook of kan daar ander oorsake ook wees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Ansie
Kry 'n tweede opinie, jy moet tenminste 'n EKG en 'n long x straal kry as dit so lank al aanhou.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Bart Vosloo | 2016/07/05

My vrou het saans as sy gaan le n gefluit in haar bors. Party keer klink dit amper soos n kat wat maaiw. Soms is dit nogal erg en pla haar in die slaap. Sy is ook baie aanborstig en maak baie keel skoon. Is dit iets wat maar by mense voor kom?

Reply to Bart Vosloo
Posted by: Jo-hansie | 2009/01/15

Ek en my man (48) het altyd nog ' n goeie seksuele verhouding gehad. Ons het gereeld 4-5 keer ' n week liefde gemaak. Die afgelope 5-6 maande het die seks lus ietwat verander. My man is ' n hoë bloed lyer en neem kroniese medikasie daarvoor. Die probleem is dat ons nou net een keer ' n maand / twee maande seks het maar dan word my man pap terwyl ons liefde maak en kan dus nie die liefdespel voortsit nie. My man is baie lief vir my, altyd baie liefdevol en teer en hy vroetel gedurig met my. Wat kan die probleem wees? Is ek die probleem?

Reply to Jo-hansie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement