advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2009/02/14

Pyn in bors en ophoes van bloed

My 80 jarige pa het ' n erge borspyn wat hy beskryf as ' pyne tussen die ribbes'  ontwikkel. Hy het vir baie lank al ' n hoesie en die laaste paar dae hoes hy ook bloed uit. Na ' n paar dae se ongesteldheid het hy die huisdokter gaan sien en is gediagnoseer met ontsteking van die longe en die dokter het antibiotika en pynpille voorgeskryf en Pa is huis toe. Hy drink sy medikasie van gister af en hy se die pyn is darem beter (hy was veral baie seer as hy le), maar die bloeding is nog nie beter nie en is volgens my pa nie net bloedspatsels nie, maar taamlik erg en waar dit helder was, is dit nou donker en klonterig.
Ek is baie bekommerd, want volgens wat ek oplees kan dit dalk longkanker wees? My pa was altyd ' n pyproker, maar het amper 3 jaar terug opgehou toe hy ' n beroerte gehad het.
Is ek verniet bekommerd en moet ek aandring op nog mediese ondersoeke?
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jou pa so gou as moontlik 'n RT van sy longe laat neem. Dit is baie belangrik dat 'n onderliggende karsinoom uitgeskakel word.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement