advertisement
Question
Posted by: elma kuyler | 2011/01/18

pyn- dooie gevoel in lae been

Nadat ek pyn in my been ervaar het het ek vir my dr gevra om x-strale te laat neem en die volgende was daarop: Graad 11 L4/5 n graad 111 L5/S1 litiese anterolisteses. Redelike mate van kanteling van die L5 werwelligaam. Ook chroniese diskus degenerasie. Nie opvallende bewings onstabiliteit gedemonstreer nie. Die res van die spinale kolom vertoon geringe spondilose. Verder uitgesproke laer lumbale degeneratiewe fasetartrose. Bekken en artikulasies vertoon nie ooglopend abnormaal nie. Fekale belading in die kolon.
My dr het my verwys na ''n fisio vir intensiewe fisio. Dit help sovê r. Is daar iets anders wat ek kan doen of gebruik? Vir nou of vir die toekoms? Pyn is net soggens as ek opstaan en die res van die dag is my bewegings normaal en nie pynlik nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elma
Spondilose is degeneratiewe osteo arthritis van die rug (slytasie skade). Litiese anterolistesis beteken daar is stress fraktuurtjies in die been en die een werwel het vorentoe gegly op die een onder hom. Dit sit spanning op die ligamente om die gewriggie. Degeneratiewe faset arthrose is skade aan die klein gewriggies tussen die werwels se "vlerkies" agv ouderdom. Die fisio help om die spiere om die werwels te versterk wat dan die werwels ondersteun en pyn verminder. Die belangrikste voorkoming is om jou oefeninge gereeld te doen wat die fisio gee, reg te buk en nie swaar goed op te tel nie, en jou postuur reg te hou (vra die fisio as sy nog nie met jou daaroor gepraat het nie)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
Our users say:
Posted by: Jacky | 2016/07/21

Goeie more Erge pins en needles in arm en hand links. Xstrale se gevolgtrekking se servikale spondilose wat ek verstaan maar die "plus multi-vlak diskus patologie" verstaan ek nie, kan jy asseblief vir my verduidelik

Reply to Jacky
Posted by: Anonymous | 2016/03/14

My uitslag op servikale werwels. Hier is gedeeltelike diskusspasie vernouing met anterior spoorvorming by c3-4 c4-5 asook c5-6 aanduidend van kroniese diskus degenerasies. daar is degeneratiewe retrolistese van c5 op c6 daar is spina bifida occultas by c6 c7 t1 t2 sowel as t3 daar is ook skoliotiese kurwe na regs in die gebied van die proksimale dorsale werwels asb verduidelik vir my mooi wat dit beteken. Ek loop al bir baie lank in pyn en lewe op pynpille

Reply to Anonymous
Posted by: trudy | 2014/09/15

Kan dr hierdie in afrikaans verduidelik en het ek n op nodig 56 j grade 1 spondylolisthese l 4 l 5 en Facet joint degenetation noted especially at levels l 4/5 and l5/S1 wat is graad 1 ernstig of ni? My bene is baie dood in die nag en my regter voet baie seer en geswel nek begin ok seer word asb

Reply to trudy
Posted by: L Boesak | 2014/06/10

wat word bedoel met daar was nie strektekensnof neurologies lokaliserende tekens nie.In die rug was hy teer paravertebraal teenoor L4/5 en L5/S1.n Skandering van die lae rug het fasetartrose getoon sonder neurogene beklemming of chirurgiese patologie.Kan iemand dit in afrikaans verduidelik die hoe woorde vestaan ek nie.

Reply to L Boesak
Posted by: Jennifer | 2013/08/27

Hello Elma, ek het elke jaar 'n inspuiting gaan kry in my linker arm, wat dan verskriklik pyn. Maar in elk geval pyn my nek skouerblad nou so erg dat ek dink dit is moontlik spanning of iets- toe het my dok my gestuur om xtraal plate asook bloedtoetse te gaan doen. Die bevinding van 'n dokter na hy die cd van xtraal gekyk het = Diskus degenerasie met diskus hoogte verlies asook eindplaat osteofiet vlakke c5/c6. Die implikasie is chroniese degeneratiewe diskussiekte op hierdie vlak. gevolgtrekking: Degeneratiewe diskussiekte soos beskryf. Wat nou. Ek het afspraak vir konsultasie met neuro surgeon in Bloemf volgende week. Gaan hulle opereer? want die een been rus glo op die ander been en druk senupunt vas. Hoe gaan hulle dit regstel. Gaan ek my lewe lank medikasie moet gebruik vir pyn.

Reply to Jennifer
Posted by: elsa mouton | 2011/03/14

daar is servikale siskus degenerasie op c4/5 asook c7/t1 met eindplaat verandering en spasie hoogte verlies asook gr1 anterior spondilositese op valk c7/11 asook torakale kifose met tekens van torakale spondilose met eindplaat veranderinge -wat beteken dit alles en wat moet ek doen (1ste stap asb)

Reply to elsa mouton
Posted by: Amy Oppermann | 2011/03/03

Beste Dokter.
Ekt 11jr gelede ñ  ernstige rugbesering opgedoen,terwyl ek bewusteloos was. Agterna is gesé  dat my r-heup ontwrig is en ek ñ  senuwee beskadig het. My hele r-been was so seer dat ek ni eens bene oormekaar kon sit ni. Koni op gras loop,dant dit gevoel di gras sny my voet. My kuit het gevoel dis in n spierspasma,kon glad ni aan dit raak. Hele been en voet het blou geword as ek staan. Ek kon net lé  ó f loop. Nooit kon enige dr uitvind wat is wat ni. Ek kon ni eens my hak v d grond af oplig en op my tone staan. Dit het net nie gewerk ni.
Plate het niks gewys. Was ni vi ñ  ct of mri-scan ni. Pyn het met jare beter geword,nooit weg. Altyd pyn,asook in r-heup. Altyd bewus v d senuwees in been.
Laas jr het pyn bá ie erger geword. plate geneem dié  week,dit sé  die vlg: geringe dorsolumbale verkromming konveks na regs,sonder rotasie skoliose. Gr1 spondilolistese van L5 op S1 te wydte aan spondilolise van L5.
Dí e diskus spasies is nie vernou ni en da is nie tekens van kroniese diskus degenerasie teenwoordig nie. Verder als normaal.
Ekt gewé ldig pyn-verá l as ek fisiese werk doen,bv.vloere was,ens.of as ek bv.net my vistenk skoonmaak.
Ek kan ni slaap ini nag van pyn ni.
1dr wi my fisio laat kry,mar jare trug ht drs gesé  ek moeni,want di senuwees moet nié  gestumuleer word ni.
My dr sé  ek moet ñ  neurochirurg ga sien,maar ekt ni geld ni. Ekt ni medies ni.
Wat stel u voor?
Hoe gaan ek weet dat u my geantw het? Kan u my ñ  e-pos stuur? Of ñ  sms? 0762798209
Vriendelike groete. Amy

Reply to Amy Oppermann
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/18

Hallo Elma
Spondilose is degeneratiewe osteo arthritis van die rug (slytasie skade). Litiese anterolistesis beteken daar is stress fraktuurtjies in die been en die een werwel het vorentoe gegly op die een onder hom. Dit sit spanning op die ligamente om die gewriggie. Degeneratiewe faset arthrose is skade aan die klein gewriggies tussen die werwels se "vlerkies" agv ouderdom. Die fisio help om die spiere om die werwels te versterk wat dan die werwels ondersteun en pyn verminder. Die belangrikste voorkoming is om jou oefeninge gereeld te doen wat die fisio gee, reg te buk en nie swaar goed op te tel nie, en jou postuur reg te hou (vra die fisio as sy nog nie met jou daaroor gepraat het nie)
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement