advertisement
Question
Posted by: jenn | 2009/01/08

pyn agterr my ore en gesig-

Hi Dokter
help groot asb .ek het nou al vir 4 dae n pyn wat ek gedink het middeloorontsteking is,maar die dokter se my ore is skoon dit is blykbaar n pyn aan die membrame agter my oor(weet nie wat dit is)hy het n anti inflamatoriese middel wat ek nou n dag gebruik en SANDOZ se IBUPAIN voorgeskryf,maar ek moet erken dit pyn geweldig.so erg dat ek nie kan slaap in die nag nie.is daar n sterker pynpil wat ek kan gebruik.diepyn maak my regtig mal.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jen
Drink jy kan tot 2 IBUPAIN elke 8 ure drink, maar nadat jy iets geeet het, anders gaan jou maag brand. As jy net voor die oor op die kakebeen gewriggie druk en seerkry as jy jou mond oopmaak, is dit dalk jou gewriggie tussen die kakebeen en die kopbeen wat inflammasie het. Praat dan met jou tandarts ook want dan het jy dalk 'n bytplaatjie ook nodig. Dan kan jy ook Biral 2 3x per dag by drink. Gewoonlik is dit die probleem as die oor heeltemal normaal lyk. Dit kan egter ook 'n verwysde pyn van iets in jou keel of iets soos gordelroos wees so hou maar dop en as dit nie beter word nie, gaan terug na jou dokter.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement