advertisement
Question
Posted by: Kobus Louw | 2010/12/14

Pyn aan regterkant van keel

Hi doc

Ek sit nou met die afgelope paar maande met ''n pyn aan die regterkant van die keel. Die pyn werk na my ore toe ( meestal regterkant - kant waar die pyn is ) en dan in my verhemelte in. Dit het begin met ''n keelinfeksie en nou sit ek met hierdie probleem. Ek was verlede maand by ''n spesialis en hy kon geen fout vind met my keel nie en my gediagnoseer met Hiroië d sindroom. Hy het toe vir my Arcoxia voorgeskryf, maar dit het net tydelik gehelp. Ek het hom toe gebel en toe skryf hy weer twee verskillende medikasie voorskrifte uit. Dit het ook net tydelik gehelp. Ek sit steeds met die probleem. Wat dink u kan nog fout wees?

Kobus

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Beste Kobus

Ek is onseker met wat jy bedoel met Hiroie d sindroom, die benaming klink nie bekend nie. Die feit dat Arcoxia voorgeskryf was, mag dui dat hy gevoel het die oorsaak is inflammatories van aard. Daar bestaan 'n toestand waar sekere nekspiere in spasma gaan, en dit veroorsaak erge pyn, vandaar die gebruik van die betrokke middel. Indien dit nie gewerk het nie, en die aanvang was na 'n keelinfeksie, neig mens om te dink in die rigting van 'n samevloei van die infeksie, en dalk die gevolg van medikasie vir infeksie. Jy behoort die dokter weer te spreek, om sekere toestande soos 'n swaminfeksie uit te skakel, en ook bv. iets soos sooibrand wat die keel nou konstant mag irriteer.
As die oorsprong nie duidelik in die keelgebied is nie, moet oorsake van verwysde pyn gesoek word, of dalk iets soos 'n chronies geinfekteerde post nasale drip.
Buite die ONK gebied soek mens dalk na oorsake soos nekwerwelprobleme. Jou dokter sal jou kan raadgee oor die pad vorentoe.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement