advertisement
Question
Posted by: squidoo | 2010/11/22

pyn aan bokant van maag

hallo dokter

ek is 20 jaar oud. gister het ek ''n brand gevoel op my maag gehad en melk en rennies gedrink toe word dit beter.vanoggend het ek ''n pyn onder my bors en bokant my maag in die lyn wat onder my borsste vorm. die pyn is skerp wanneer ek die bokant van my lyf beweeg. ek kry ook die afgelope paar weke gereeld ligte sooibrand maar aan die begin was dit net vloeistof wat opgestoot het in my slukderm en gedurende daardie tyd was ek baie naar en nou brand dit. rennies verlig die brand.

ons mediese spaar fonds is uitgeput en ek het nie geld om onnodiglik dokter toe te gaan nie. is dit net spierpyn?

baie dankie
geniet u dag

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Squidoo

Dit is ongelukkig nie spierpyn nie, maar moontlik refluks gastritis. Dit is optimaal om jou dokter te konsulteer, maar ek stel voor dat jy die volgende gebruik:

1. Gaviscon Advanced, 10 ml voor etes, driemaal per dag
2. Cimetidine 400mg, twee maal per dag, vir 'n tydperk van 4 weke.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement