advertisement
Question
Posted by: Martie | 2008/12/21

Pyn

Hallo Dok.
Ek is ' n 34j vrou. My liggaam pyn verskriklik, veral my skouer, arms en hande en soms ook voete. Ek is ook tot die dood toe moeg. Dit hou nou al maande aan. Ek was ' n week gelede by my huisdokter - hy het gesê  dat ek ' n klomp infeksies het, onder andere blaasinfeksie en sinus infeksie. Hy het my ' n Voltaren inspuiting gegee op antibiotika geplaas en Gericomplex voorgeskryf. Dis nou ' n week later en my liggaam is steeds net so seer en ek is steeds dood moeg. Gaan ek vir die res van my lewe met die vreeslike pyn moet saamlewe?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Martie

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy 'n afspraak by 'n internis maak. Dit is baie moontlik dat jy 'n outo-immuun siekte het, soos rhumatoiede artritis, veral in die lig van gewrigspyne. Daar is 'n reeks bloedtoetse wat gedoen sal moet word om presies vas te stel wat die oorsaak van jou simptomes is.

Verwittig my asb van jou uitslae.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Zexeon | 2008/12/21

Miskien moet jy net bietjie ontspan wat van auroma therapie. Laat die ander lede van die gesin jou bederf en as daar nie lede is nie hoef jy nie vir iemand reg te staan nie en kan slaap of iets onspannends doen wat jy van hou en jy kan jou dr dalk ook vra vir ' n voorskrif.

Reply to Zexeon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement