advertisement
Question
Posted by: Damion | 2012/10/19

Puratas - waar kry ek hulp?

Ek is 27 jaar oud en drink hande vol PURATAS - ek weet nie veel van die pil af nie, ek weet wel ek moet van dit ontslae raak. Hier waar ek woon kan (weet niemand) regtig hoe om my te help nie. Ek het gaan na lees en besef - ek is verslaaf aan die gemors, die feit dat ek van dit afstand wil doen se vir my ek vorder - die feit dat die purata''s my nie wil los nie se ek moet hulp kry - WAAR? Ek het nie ''n medies nie so dit maak dit nog meer ongemaklik. Soms draai dit by 9 ,30mg saans en stelsematig is die " wonder"  pli besig om op alle vlakke van my lewe in te meng.

Ek hoop maar die soeke na raad hier lewer iets op. Ek het my mail adr bygevoeg as U my dalk van raad kan wees en ek voeg ook my selnommer by as daar raad is. Ek kom agter min mense vra raad oor die pil.

Hoop daar is iemand wat dalk onder die verslawing kon uitkom wat kan raad gee.

Groete
Damion.
0825923633

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSleep Expert

Purata is 'n middel wat hoofsaaklik vir depressie gebruik word, alhoewel dit ook sederende effekte het.

Die eerste vraag is waarom u op die middel in die eerste plek geplaas is. Indien dit wel vir 'n depressie toestand was, moet u aub nie daarvan afgaan voordat u dit met u dokter bespreek het nie. Depressie is potensieel 'n ernstige siekte, en 'n mens moet baie versigtig wees met veranderinge in medikasie.

Indien dit net vir slaap gegee is, is dit 'n ander saak.

Te vinnige afname in die dosering kan probleme veroorsaak, so dit moet onder 'n dokter se toesig wees.

Ek verstaan dat u nie op 'n siekefonds is nie, maar miskien moet u met u dokter onderhandel om vir u 'n beter prys te gee om die situasie te vergemaklik.

Sterkte!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/06/18

Is daar 'n plek waar ek kan heengaan wat my kan help om hiervan ontslae te raak - ek sal raad baie waardeer. Ek voeg my nommer by in die hoop iemadn kan my net se waar mens kan gaan aanklop vir HULP om onder die Puratas uit te kom 0825923633 - dankie damion

Reply to Anonymous
Posted by: Damion | 2012/10/22

Gesondheidsorg
Staking van slaappille nie altyd so maklik
Mari Hudson
Slaappille middels wat bensodiasepiene bevat soos Valium, Betapam, Serepax, Ativan, Xanor, Rohypnol, Doprmicum, Dormonoct en vele ander is ''n seë n vir baie slapeloses en angstiges. Baie mense raak afhanklik van dié  middels, en veral jonger mense behoort tog daarsonder te probeer klaarkom. Hoe gemaak om dit reg te kry?


BENSODIASEPIENE word voorgeskryf om angstigheid te verminder en slaapprobleme te oorkom. Dit is sekerlik eerder verkieslik om ''n pil te sluk en salig te slaap as om moeg en slapeloos deur dae en nagte te sloeg.

Veral ouer mense het medikasie nodig. Sommige jonger mense misbruik egter die middels en het mettertyd á l groter dosisse nodig.


Werking van bensodiasepiene


Bensodiasepiene word hoofsaaklik voorgeskryf om angs te verminder, en as slaapmiddel. Dit word ook gebruik as susmiddel voor ''n operasie, vir die induksie van ligte narkose, in behandeling van alkoholmisbruik, as bykomende teenkonvulsiebehandeling in epileptiese aanvalle, en as spierverslapper. Veral diasepam help akute spierspasmas teenwerk.

Bensodiasepiene word volgens die typerk wat hulle aktief in die liggaam is, in vier groepe verdeel:

1. Ultrakortwerkende middels met ''n halfleeftyd van minder as ses uur (m.a.w. die helfte van die middel is binne ses uur uitgewerk) soos midazolam en triazolam. Handelsname daarvan is onder meer Dormicum en Halcion. Dié  middels het die hoogste afhanklikheidsfaktor.

2. Kortwerkend (halfleeftyd 6 12 uur), soos lormetasepam, loprasolam, oksasepam en temasepam. Onder die handelsname tel Serepax, Medopam, Axaline, Purata, Loramet, Noctamid, en Normison.

3. Mediumwerkend (halfleeftyd 12 - 24 uur) soos alprosolam, bromasepam en lorasepam. Handelsname sluit Ativan, Tran-qil, Xanor, Lexotan, Brazepam en Brozam in.

4. Langwerkend (halfleeftyd langer as 24 uur) soos diasepam, flunitrasepam, klobasam, klonasapam, ketasolam, nitrasepam en prasepam. Urbanol, Solatran, Demetrin, Librium, Karmoplex, Rohypnol, Hypnor en Mogadon is bekende handelsname.


Bensodiasepiene is nie antidepressante nie. Bensodiasepiene behoort nie vir alledaagse angstighede voorgeskryf te word nie.

Die laagste moontlike dosis moet voorgeskryf word indien die middels wel gebruik word, en vir die kortste tydperk moontlik.

Die ultrakortwerkende en kortwerkende middels is afhanklikheidsvormender as die langer werkende middels en lewer meer onttrekkingsimptome op, selfs nadat dit slegs ''n week of twee gebruik is. Dokters moet onder geen omstandighede meer as een soort slaap- of susmiddel aan ''n pasië nt voorskryf nie.

Hoe hoë r die voorgeskrewe dosis, hoe groter die risiko vir afhanklikheid. Sowat 40% tot 50% van pasië nte is ná  ''n jaar se gebruik afhanklik van bensodiasepiene, volgens die SA Medicines Formulary.




Stillnox


Hoewel antihistamien-middels soos Imovane en Stillnox, wat vir hul sederende newe-effek gebruik word om slaap te induseer, aanvanklik as baie veilig beskou is, het navorsers nou vasgestel dat dié  middels ook aan die bensodiasepienreseptore bind.

Dit beteken dié  middels, wat as kortwerkende slaapmiddels gebruik word, het inderdaad ook ''n afhanklikheidsfaktor.



Hoe om die onttrekkingsproses te hanteer



Die belangrikste is om nooit die gebruik van slaappille skielik te stop nie, veral nie dié  wat kort- en mediumwerkend is nie, sé  dr. John Straughan, Kaapse farmakoloog.

Die skielike onttrekking van bensodiasepiene, selfs by diegene wat dit periodiek vir selfs net ''n week of twee gebruik het, kan verskeie reaksies ontlok soos verwardheid, psigoses, hallusinasies, angsaanvalle, geheueverlies, angstigheid, hartkloppings, sweetaanvalle, naarheid, en selfs epileptiese aanvalle. Pasiente met ''n risiko vir hartvatsiektes kan ook skielik hart- of asemhalingsprobleme ontwikkel.

Hoewel ''n klein persentasie pasië nte niks oorkom wanneer hulle skielik ophou bensodiasepiene gebruik nie, is dit moeilik om te voorspel wie ontrekkingsimptome gaan kry en wie dit gaan vryspring.

Hoewel dokters verskeie maniere kan inspan om ''n pasië nt te help om bensodiasepiene te staak, soos met die hulp van fenobarbitoon, klonidien of karbamasepien, beveel farmakoloë  aan dat die bensodiasepien-dosis daagliks bietjie-bietjie verminder word as dit ''n langwerkende bensodiasepien is.

As die pasient ''n kort- of mediumwerkende bensodiasepien gebruik het, moet die dosis stadig daagliks verminder word, maar met die hulp van ''n langwerkende bensodiasepien soos diasepam, chlorasepaat of bensodiasepoksied.

Dit blyk die heel beste te wees om ''n spesifieke dosis diasepam (veral Valium) te begin gebruik (waarvan jy twee derdes in die aand drink en ''n derde soggens) saam met die slaappil wat die pasië nt aanvanklik gebruik het. Dan begin ''n mens die oorspronklike slaappil stadig vanaf dag 2 te verminder, sodat jy binne 5 dae nie meer van die oorspronklike slaappil neem nie, en dan begin jy die diasepam stadig verminder.

Laat jou dokter jou hierin bystaan, want ''n dosis van elke soort slaappil is volgens ''n spesifieke tabel gelyk aan ''n spesifieke dosis diasepam, byvoorbeeld 1 mg flunitrasepam is gelyk aan 10 mg diasepam, 2 mg lorasepam is gelyk aan 10 mg diasepam, en 30 mg oksasepam is gelyk aan 10 mg diasepam.

Verminder dan geleidelik die dosis diasepam met ''n kwart per week. Vir mense wat baie angstig is, kan ''n antidepressant wat ook ''n susmiddel is, saans baie help.

Pasië nte wat slaapmiddel-gebruik wil staak, het sielkundige hulp en gerussteling nodig.

Dokters beveel ontspanningsoefening, sportdeelname, stokperdjies soos tuinwerk, en stap aan om pasië nte te leer ontspan.

Kontaknommers:

Die Medisyne-inligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch en die Tygerberg Hospitaal by (021) 938-6084 of (021) 931-6129, of die Medisyne-inligtingsentrum van die Universiteit van Kaapstad by (021) 406-6291.

Reply to Damion
Posted by: Damion | 2012/10/22

Baie dankie vir U antwoord.

Jong - nee die kom nie saam depresie nie, ek het dit begin neem om te kan slaap na ek ''n deurnag werker was (my ma het in die begin van haar puratas met my gedeel) en van daar die " blootstellig" ...ek is nooit op dit geplaas nie.

Raadop is nie die woord nie!

Reply to Damion

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement