advertisement
Question
Posted by: Alice | 2012/04/13

psoriase

Dokter, my pa het psoriase op sy voete  my suster en haar dogtertjie op hul kopvelle. My ouma en my ma se broer het dit oor hul lyf.

Ek het meer as 10 jaar gelede ''n tipe uitslag op my regtervoet gekry - dis toe gediagnoseer as atleetvoet.
Ek het salf gekry en dit het tydelik weggegaan, maar al het ek die salf aanhou gebruik, het dit later weer teruggekom.
Ek was al by verskeie huisdokters, maar niemand wil my na n dermatoloog verwys nie, almal skryf dit toe aan voetskimmel of so iets.

Dis meestal net tussen my tone, soms onder my voet ook. Dit maak klein wit blasies wat erg juk, gaan later oop en dan sit die velle daar.
Toe ek swanger was, was dit vir die hele swangerskap en n klompie maande daarna heeltemal weg.... en toe baba begin met vaste kos het dit weer begin terugkom.

Ek het baie lanklaas enige salf aangesit.

My probleem is dat niemand my na n dermatoloog wil verwys nie. Almal sê  dit lyk nie soos psoriase nie. Dit lyk ook nie soos my pa s''n nie, syne is 1000x erger!

Ek dink net nie dit is atleetvoet nie ontdat ek dan beslis al in 10 jaar my ander voet ook moes aangesteek het? En my man! Ons stort kaalvoet in dieselfde stort en ek dra slaapsokkies meer as een aand en nie noodwendig altyd aan dieselfde voet nie.

Dink u dit kan moontlik psoriase wees? En indien dit is, is dit geneesbaar?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Alice

Psoriase is 'n moontlikheid, maar ek stel voor dat jy self 'n afspraak by 'n dermatoloog maak. Psoriase is 'n rooi, skilferende veltoestand, kenmerkend oor die kniee en elmboe. Die toestand kan vererger en verbeter, veral met son blootstelling. Met so 'n hardnekkige veluitslag wat nie op behandeling reageer nie, moet jy 'n dermatoloog vir 'n definitiewe diagnose konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chanita van Niekerk | 2012/05/02

Dokter,

My vriend het psoriase oor sy hele lyf en gebruik rome vir tydelike verligting. Is daar iets op die mark wat ons kan kry om dit weg te vat alhoewel ons bewus is van die feit dat dit nooit sal genees nie.

Vriendelike groete
Chanita
Sel no : 0741154399

Reply to Chanita van Niekerk

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement