advertisement
Question
Posted by: Fia | 2011/08/31

Psoriase?

Ek het ''n uitslag op my vingerpunte, vingers en hande. Dit het begin aan die onderkant van my wysvinger op die vel - het gevoel soos ''n blaas, maar na ''n paar dae dit ''n droë  harde kors/roof gemaak en was erg gevoelig. Dit het versprei na die kant van die vinger en later ook na ander dele van my hand en ook die ander hand. Op my hande en vingers het dit begin deur te lyk soos ''n " paper cut"  en dan het klein knoppies gevorm en ''n dag later was die area rooierig, effens geswel en gevoelig en van naderby lyk dit soos klomp klein blasies opmekaar. Op ander plekke is net asof die boonste vellagie afskilfer en dan voel dit rouerig en gevoelig en is rooierig. Die suster by die kliniek sê  ek het fungus onder die nael(s) gekry, maar ek weet verseker dit is nie dit nie, want ek is ''n skoonheidsterapeut en weet maar alte goed hoe fungus onder die nael lyk. Buitendien werk ek uiters voorkomend. Intussen het die uitslag ook begin voorkom in ''n gedeelte van my gesig - dit is ook knoppierig, maar rooi en effens geswel. Geen van hierdie goed op my hande of gesig gee enige vloeistof (eter) af nie. Ek het psoriase in my gesig (jare gelede al gediagnoseer deur ''n velspesialis), maar dit is heltemal onder beheer en ek kry net uitslag indien ek die verkeerde tipe rome, ens op my gesig gebruik - dan gebruik ek kortisoonsalf vir ''n dag of twee en my vel is weer reg. Die suster het nou vir my antibiotika, kortisoonsalf en ''n allergieroom gegee om te geruik vir die sogenaamde " fungus" . Ek gebruik dit nou al vir 4 dae en daar is nog geen verbetering nie. Ek dink sy het die verkeerde diagnose gemaak, en dat dit nie fungus is nie, maar iets soos psoriase, ekseem of ''n allergie. Indien dit van hulp sal wees - ek het kroniese sinus (het seker maar ''n allergie waarvan ek nie bewus is nie) en gebruik kroniese medikasie vir cholesterol, skildklier, diabetes en hormoonvervanging. Al hierdie medikasie gebruik ek al baie lank. Kon ek dalk ''n tipe velkondisie/siekte vanaf iemand anders af (''n klient) gekry het of dink u dit is ''n allergie, psoriase, ekseem of iets anders? Of het daar nou net ''n allergiese kettingreaksie in my liggaam plaasgevind?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Fia

Dit klink nie soos psoriase nie. Die indruk wat ek kry is dat jy ekseem ontwikkel het of 'n droe vel, as gevolg van omgewingsfaktore. Ek stel voor dat jy 'n dermatoloog konsulteer. Dit is uiters belangrik dat die oorsaak en die toestand behandel word. Intussen kan jy E45 room of Epizone E aanwend.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement