advertisement
Question
Posted by: desperaat | 2011-07-27

psigose/of nie?

Beste dokter,
Help asb! My seun van 30+ was nog nooit die skerpste mes in die laai nie - hy was bv in n spesiale skool, en ontvang n ongeskiktheidpensioen v d staat. Twee jr terug het ons verhuis van n klein dorp na n groot stad, Die week voor ons trek aangery is, het hy een aand net begin weier om in ons huis in te gaan, want hy het " Vreemde mense"  daar sien ingaan, so het hy vir drie dae net buite gebly, in die kerk kantoor se erf. Dit was n stryd om hom in die kar te kry met die trek self. Hier in die stad het hy geleidelik beter begin word, werk gekry, n kleinerige ongelukkie gehad, en weer begin onttrek. Daarna weer ander werk gekry (as karwag) waar hy twee keer self geloop het, en twee keer gevra is om te loop agv sy houding. Hy sal nou bv op en af loop in die erf (n baie groot erf) en met sy hande beduie en praat met homself. Hy vertel van goed wat hy gedoen het wat nie waar is nie, soos mense gemasseer by die haarsalon, dans met meisies in die sentrum waar hy gewerk het, hy het glo gepreek by n sekere kerk dat almal in trane uitgebars het, hy het in daai kerk iemand se baba gedoop, hy het n blou pak klere wat hy soek (hy het nog nooit so iets besit nie). Nou raak dit erger, hy beskuldig my dat ek en iemand anders " iets aan sy pa (wat dood is) gedoen het, en hy sal die polisie daarvan vertel"  En hy het n absolute fiksasie met sy bybel. Hy word skoon agressief as hy sy bybel soek en nie kry nie. Hy bere self iets, soek dit dan en skreeu op my en sy stiefpa asof ons dit weggesteek het. Hy het ook aan sy stiefpa gestamp. Ons het hom by n privaat dokter gehad wat hom na n staatshospitaal verwys het. Daar is hy deur n jong doktertjie gediagnoseer as psigoties, met pille. Hy weier egter om die pille te drink en se hy makeer niks. Hy sal selfs sy mou oor sy hand trek om iets by mense aan te vat as hy die vrede nie vertrou nie. Wat is dokter se opinie, en wat moet ek doen? Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy 'n psigiater konsulteer vir 'n tweede opinie. Dit is belangrik dat hy behandel word, want sy dade kan gevaarlik vir homself en ander wees. Ek dink hy moet in 'n psigiatriese eenheid toegelaat word en vir 'n moontlike patologiese oorsaak ondersoek word vir die ontwikkeling van psigose.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement