advertisement
Question
Posted by: Ronel Harris | 2009/10/24

prostaatkanker

My pa word Desember 73 en is omtrent 3maande terug gediagnoseer met ' n hoë  prostaattelling, dokters het ' n skraap gedoen en die uitslae was posistief, hy moes 3maande lank wag en weer gaan vir ' n toets. Die toets is die week gedoen en die telling is nog steeds hoog.
Ek kan nie verstaan dat indien hy wel prostaatkanker het hoekom verwyder hulle nie net die prostaat nie, nou moet hy weer 2-3weke wag en nog ' n toets doen en indien die telling nog hoog is moet hy met chemo begin.
Pappa probeer verniet kalm voorkom, hy het al vir 2maande ' n lopende maag en ek is seker dit is alles spanning.
Wat kan ons doen om hom bytestaan en te verstaan dat die dokter die prosedure so uitrek.
pappa het ook 3weke terug in hartaanval gehad en was 3 dae in internsief

Baie dankie
Ronel




Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ronel

Ek is baie jammer om te verneem van jou vader se diagnose.

Chemo terapie word as 'n opsie gesien, heel moontlik omdat jou vader nie die prosedure van 'n radikale prostatektomie kan oorleef nie. Dit sal beter wees om die situasie met jou vader se uroloog te bespreek.

Om jou vader by te staan, kan 'n mens maar net ondersteunend en verdraagsaam wees. Verstaan sy frustrasies en probeer hom so veel as moontlik bystaan en vra wat jy kan doen om die situasie vir hom meer draaglik te kan maak.

Lees meer oor prostaat kanker op die volgende webbladsy: http://en.wikipedia.org/wiki/Prostate_cancer

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Gerda Vos | 2010/01/18

Goeie more
Kan julle my dalk help. Het so pas verneem my pa het prostaat kanker en telling is 390. Wat staan my te doen? Wat is die eerste stappe om te volg.

Baie dankie
Geseende dag verder

Reply to Gerda Vos

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement