advertisement
Question
Posted by: dee | 2010/03/19

Prostaat pyn

My pa is 79 jaar oud. gediagnoseer met prostaat kanker..hy is gister deur die tonnel gesit om te sien of die kanker versprei het..weens dit staat hospitaal is moet hy die dr eers die 12 April weer sien... Hy kla van pyn in sy blad...Is daar enige oor die toonbank medikasie wat hy kan gebruik daarvoor... vitamiene ens... Hy het nog die kateter ook in... Die dokters het gese hulle sal moet opereer omdat hy ni kan water ni.... Hulle het ook gese hy kan geen medikasie gebruik wat sy niere kan aantas nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dee

Ongelukkig sal hy weer 'n dokter moet konsulteer vir 'n ondersoek om vas te stel of die pyn veroorsaak word deur spier of gewrigsaandoening van die ribbes. Ek is seker jou huisdokter sal jou in hierdie verband kan help en ook sodoende die nodige medikasie voor skryf.

Indien die pyn deur die moontlike verspreiding van die prostaat kanker veroorsaak word, sal hy baie sterk pyn medikasie benodig en dit kan slegs met voorskrif verkry word.

Vir eers kan hy 'n produk soos Myprodol gebruik (oor die toonbank beskikbaar) om sy pyn te verlig. Myprodol word deur die lewer gemetaboliseer en nie deur die niere nie.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement