advertisement
Question
Posted by: hannes | 2010/01/13

prostaat en kateter

Is dit normaal na ' n prostaat biopsie om huis toe gestuur te word met ' n kateter in jou en jou 2 weke daarmee te laat loop? hulle het ook nie gese of ek dit moet laat vervang ni..net vanoggend my biopsie gedoen en my ontslaan en huistoe gestuur met die kateter. Ek word die 25ste geopereer vir my prostaat....

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Hannes
Bel asb die praktyk en vra hoe lank moet jy die kateter inhou - gewoonlik is dit net 'n paar uur tensy die dokter wil hê jy moet dit inhou omdat jy 'n risiko van urien retensie gaan hê. Mens kry kateters wat lank kan inbly. Moet dit ASB nie self probeer uithaal nie, daar is 'n ballonetjie opgeblaas in jou blaas wat eers afgeblaas moet word anders maak jy die blaasnek en uretra seer as jy dit net so uittrek!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/07/20

Hi, ek het vandag n biopsie van die prostaat gehad en is ontslaan met die kateter nog steeds in maar nou ondervind ek probleme omdat die urine langs die pypie uitlek en nie in die kateter sakkie inloop nie. dit wil voorkom of die kateter verstop is en dit is nogal pynlik

Reply to Anonymous
Posted by: Adel | 2015/12/31

Goeie dag Dr Bets, My skoonpa was vir n prostaat operasie en op die einde van die dag het hy n urienepypie (ek neem aan seker n kateter) met n sakkie wat hy dan per geleentheid soos nodig moet leedig. Alles werk goed en wel maar nou het hy agtergekom dat dit urniene uitlek by die pypie wat skuins onder sy naeltjie sit. Dit is asof die gaatjie gerek het. Enkige advies asseblief. Hy voel baie selfbewus en ook so ongemaklik omrede die reuk van uriene wat uitlek op sy klere.

Reply to Adel
Posted by: cyberdoc | 2010/01/13

Hallo Hannes
Bel asb die praktyk en vra hoe lank moet jy die kateter inhou - gewoonlik is dit net 'n paar uur tensy die dokter wil hê jy moet dit inhou omdat jy 'n risiko van urien retensie gaan hê. Mens kry kateters wat lank kan inbly. Moet dit ASB nie self probeer uithaal nie, daar is 'n ballonetjie opgeblaas in jou blaas wat eers afgeblaas moet word anders maak jy die blaasnek en uretra seer as jy dit net so uittrek!
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement