advertisement
Question
Posted by: Bernadette | 2012/04/05

probleme na histerektomie

hi Dr
ek het ''n histerektomie in 2010 gehad en is op die oomblik baie hardlywig, ek eet baie vrugte en groente en het ''n probleem om ontlsae te raak vd kos in my derm, ek weet nie wat is dit nie, maar dit is verskriklik

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Bernadette
Ek is jammer om te hoor van jou probleme met hardlywigheid. Dit klink vir my dat hierdie toestand nogal ernstig is. Omdat jy noem dat jy 'n histerektomie in 2010 gehad het, wonder ek of die probleme met die derm nie dalk die gevolg van "adhesions" of vergroeiings na die operasie is nie? Net om veilig te wees, wil ek aanbeveel dat jy jou laat ondersoek deur 'n mediese dokter (bv. die ginekoloog wat die histerektomie gedoen het). Indien daar geen tekens van dermobstruksie is nie, dan moet jy benewens jou vars vrugte ook droë vrugte begin eet plus heelgraan produkte (volkoringbrood, hoë-vesel ontbytgraan, bruin rys, ens). Klik op ‘Diet & Nutrition’ bo aan hierdie bladsy en dan op ‘Food as Medicine’ en ‘Health colon’ om te lees oor hoe om die veselinhoud van die dieet te verhoog en ook hoe om probiotika (“goeie mikroörganismes”) gereeld te gebruik om die hardlywigheid teen te werk.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Diana | 2012/07/30

Ek wil graag weet hoe gou na ''n histerektomie mag die pasient weer motor bestuur?

Reply to Diana
Posted by: DietDoc | 2012/04/06

Beste Bernadette
Ek is jammer om te hoor van jou probleme met hardlywigheid. Dit klink vir my dat hierdie toestand nogal ernstig is. Omdat jy noem dat jy 'n histerektomie in 2010 gehad het, wonder ek of die probleme met die derm nie dalk die gevolg van "adhesions" of vergroeiings na die operasie is nie? Net om veilig te wees, wil ek aanbeveel dat jy jou laat ondersoek deur 'n mediese dokter (bv. die ginekoloog wat die histerektomie gedoen het). Indien daar geen tekens van dermobstruksie is nie, dan moet jy benewens jou vars vrugte ook droë vrugte begin eet plus heelgraan produkte (volkoringbrood, hoë-vesel ontbytgraan, bruin rys, ens). Klik op ‘Diet & Nutrition’ bo aan hierdie bladsy en dan op ‘Food as Medicine’ en ‘Health colon’ om te lees oor hoe om die veselinhoud van die dieet te verhoog en ook hoe om probiotika (“goeie mikroörganismes”) gereeld te gebruik om die hardlywigheid teen te werk.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.