advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010/12/07

Probleme met stembande

Hi Doc,

Ek hoop dit gaan nog goed met Doc. Ons het darem die snaakste weer deesdae, né .

Ek het verlede week Bronchitis gehad en by GP Tavanic en kortisoon pilletjies en Ulsanic gekry. Ek drink nogsteeds die Nexium ogg en aand, maar my stembande wil hierdie keer nie reg kom nie. Dis vir my ''n groot probleem dat my stem so hees en krakerig is al vir so lank en dit voel of dit erger word en nie beter nie.

Ulsanic en Nexium is baie duur medikasie en ek weet nie hoe lank ek dit nog sal kan aanhou gebruik nie. Ek is baie bang vir permanente skade op my stembande en was lanklaas by ENT, aangesien ons mos nou vasgestel het dat my ENT klagtes van die gastric inlet patches af kom.

Het Doc dalk raad en wysheid?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gesiggie
Dit gaan goed met my! Wens net die vakansie wil nou vinniger kom want ek is nou moeg gewerk...
Kortisoon stimuleer suur - so dis dalk hoekom die stem so bietjie sukkel. Miskien sal dit beter gaan as die kortisoon uitgewerk is - dit vat mos maar 'n week of wat. Daar is darem generiese antisuur medikasie wat jy kan gebruik as die Nexiam heeltemal onbekostig raak. Gee maar bietjie kans - jy kan jouself dalk bietjie stoom met Vicks om net vog terug op jou stembande te kry.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: BEKOMERD | 2016/07/13

het n problem as ek hard hoes of skerp perfuum aansit of stress dan gaan my stem helemal weg . dit bly voel of iets in my keel vassit was al by dokters hul kan geen fout vind nie ? wat kan dit wees is rerig moedeloos het dokter dalk raad

Reply to BEKOMERD
Posted by: Cyberdoc | 2010/12/07

Hallo Gesiggie
Dit gaan goed met my! Wens net die vakansie wil nou vinniger kom want ek is nou moeg gewerk...
Kortisoon stimuleer suur - so dis dalk hoekom die stem so bietjie sukkel. Miskien sal dit beter gaan as die kortisoon uitgewerk is - dit vat mos maar 'n week of wat. Daar is darem generiese antisuur medikasie wat jy kan gebruik as die Nexiam heeltemal onbekostig raak. Gee maar bietjie kans - jy kan jouself dalk bietjie stoom met Vicks om net vog terug op jou stembande te kry.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement