advertisement
Question
Posted by: Cruella de Ville | 2010/01/20

Probleme met die skoonfamilie!

Hallo Cybershrink!

Beste wense vir 2010! Mag dit vir jou ' n vreugdevolle jaar wees!

Ok, so here goes. Ek is 40 jaar oud, vroulik en is so twee jaar terug getroud met ' n fantastiese man. Ek het nie kinders van my eie nie, maar het sommer met die " trouery"  twee wonderlike dogter ge-erf. Hulle het nie tans ' n standvastige verhouding met hulle biologiese ma nie, dus is ek " ma"  en vriendin alles in een. Hulle is onderskeidelik 31 en 28 jaar oud.

My man se vorige huwelik was ' n stormagtige een (my man is veel ouer as ek) - en na ' n huwelik van 28 jaar het hulle paadjies geskei. Tydens sy huwelik het my man nie -|- ak met sy sussie en broer gehad nie. Die rede daaragter was dat sy eks vrou dit doodeenvoudig nie kon uitstaan nie.

Toe ek en my man ontmoet, het hy die bande met sy sussie en broer weer opgetel. Ek is aan hulle voorgestel en ons het ongelooflik goed oor die weg gekom. Ons is kampers en hou van reise aanpak op ons eie in Afrika. My skoonsussie en haar man het so goed in hierdie prentjie van ons ingepas. Ons het ' n handvol kampe en vakansies al agter die rug EN ons is nogsteeds familie... hehehehe.

Die probleem het onstaan verlede jaar Desember toe die jongste dogter trou. Dit was ' n spoggerige geleentheid en die " venue"  is vir ' n hele naweek uitverhuur aan haar en haar gaste. Op daardie stadium was ons ook in die laaste fase van ons beplanning vir ons Botswana/Caprivi vakansie wat ons op die 26ste Desember sou aanpak. Die troue was die 12de Desember.
Op die troue stel my man se dogter vir die eerste keer in haar lewe my aan haar mede gaste voor as haar " ma" . Haar biologiese ma was nie daar gewees nie. Ek gaan van " geboorte gee"  " tiener grootmaak"  en my dogter " afgee"  vir haar troue in 3 sekondes. Vinnigste wat ek NOG ' n ma geword het. Dit was " amazing" . Ek het behoorlik op " cloud 9"  gesit. Dit het veral vir my gevoel ek wil haar toedraai in watte en beskerm teen die wereld (later sou ek hoor dis " moedersinstink).

Tydens die troue kom ek en my man egter agter my skoonsussie en swaer is nie hulle gemoedelike self nie. Ek " ooo en aaah"  egter so oor my dogter en hoe mooi sy lyk dat ek nie veel aandag gee nie. Later sou ons hoor dat hulle baie ongelukkig is en vroeg ook by die troue weg is. My man het wel sy sussie gevra wat fout is waarop sy geantwoord het dat ek iets " skeef"  oor hulle kleredrag kwytgeraak het en hulle in die gesig gevat gevoel het. Ek kan nie so ' n insident onthou nie, maar bygese, ek het net op my dogter en haar dag gefokus.

Om ' n laaaaaaaang storie kort te maak. Na die troue vlieg die e-mails heer en weer tussen my man en sy sussie. Ons moes nou agterkom wat fout is want ons vakansie was op die spel. Dit draai toe uit dat in die 6 jaar dat ek al deel van hulle lewens vorm hulle my eintlik nie kan verdra nie. Ek is ' n " in your face"  tipe mens wat hulle nie aanstaan nie, en die troue was die laaste strooi wat die kameel (en die familieband) gebreek het. Sy het in ' n 5 bladsye lange e-mail my van alles beskuldig en self insidente opgehaal wat ek nie eers meer kan onthou nie. Sy het sover teruggegaan as haar kinderjare en waar my man " voorgetrek"  is.

Ek het my trots gesluk en ' n mail gestuur en onvoorwaardelik jammer gese vir alles wat ek dalk verkeerd kon gedoen het - en moontlik nog KAN doen. Dit het egter niks gehelp nie. Ons is op vakansie saam met die ander paartjie wat ook die reis sou meemaak - sonder my skoonsussie en swaer.

In retrospeksie het haar mail ' n lekker diep wond gelos. Dit het my behoorlik ' n week gevat om op te hou tjank en die e-mail en hulle gedrag te oor analiseer. Sy het diep gesny met haar mail, en sy vat my ma en ook die twee dogters aan in die mail.

Ons is terug van vakansie, en ons het dit eintlik baie geniet SONDER hulle. Ek sal volwasse genoeg wees om te erken ons het hulle gemis - en ja, dit pla en krap geweldig. Ons was beste vriende en het oor en weer gekuier dat die biesies bewe.

Tot vandag weet ek nie WAT ek op die troue SO verkeerd gedoen het wat haar genoodsaak het om die familiebande so finaal te breek nie. In haar eie woorde se sy onomwonde hulle sien nie meer kans vir ENIGE -|- ak met my nie. Hulle sal nog my man en die dogters " verduur" , maar ek is ' n " no go" .

Ek is " op"  verskoning gevra, en ek is " op"  skuldig gevoel oor wat ek dalk verkeerd kon gedoen het. As die lewe saam met my so ' n groot " marteling"  is soos wat sy uitmaak, hoekom het net sy ' n probleem daarmee?

My man wil graag haar -|- ak en veral die stellings wat sy in haar mail maak oor hulle kinderjare en geldelike bydraes wat hy kwansuis nie gemaak het ten opsigte van die versorging van hulle ouers toe hulle nog gelewe het nie, met haar opvat en uitklaar. Hy is seergemaak, maar ek dink nie hy besef hoe DIEP seer ek het nie. Vir hom is dit ' n formaliteit wat moet uit die weg geruim word.

Wat gebeur as ons wel weer bymekaar uitkom? Sal ek ooit oor die diep wonde kan kom - haar mes het diep gesny en sy het goed kwytgeraak wat moeilik is om te vergeet. My man stem 100% daarvoor dat ons nooit weer ' n reis saam met hulle sal aanpak nie - veral noudat hy saam met ander vriende hierdie vakansie gereis het en daar veel minder struwelinge was.

Ek het van die punte wat sy aangehaal het in haar mail regtig ter harte geneem - en tydens ons Desember vakansie het die paartjie wat saamgegaan het opmerkings gemaak oor hoe rustig ons is en hoe min konflik daar is.

Hoe vergewe ek my skoonsussie? Tot vandag het ek nog nie negatief op haar e-mail gereageer nie. Inteendeel, behalwe vir die " jammer"  e-mail het ek nog nooit weer -|- ak met hulle gehad nie. Nie een van ons het nie.

Hoe kom ek hieroor? Familie is tog belangrik - en hulle was ' n integrale deel van my lewe vir 6 jaar lank - dis nie so maklik om dit net opsy te skuif en aan te gaan nie. Hoe gemaak as ons wel bymekaar uitkom en dinge uitpraat? Kan ' n pleister regtig gesond maak wat ' n e-mail stukkend gemaak het? Kan ons ooit weer teruggaan na dit wat ons gehad het?

Ek is in ' n tweestryd gewikkel... aan die eenkant wil ek hulle net vergeet en aangaan met my lewe, maar ek mis hulle en dit krap onderliggend aan my. Kontak ons hulle en vra of ons kan " chat" ? Of los ons dinge vir ' n rukkie sodat gemoedere kan kalmeer en kyk wat gebeur?

Ek is radeloos en sal ENIGE raad waardeer...

Groete
Cruella.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Gosh, C, such an EXTREMELY long message is Cruella indeed ! Its really worth drafting such a long "question" in your word-processor, and then editing it down as far as possible - because the exercise of clarifying the question and only the most essential supporting details, is in itself a significant way to start helping yourself.
It sounds as though this person is pickled in bitterness over issues she has been brooding over for many many years, and for some reason chose some trivial incident at the wedding as an excuse for the psychological pimple to burst - and to indulge herself by pouring out all her anger and sour feelings. Sounds like much of it may not even be about you, but sometimes in life you're a lightning rod, and because you stand out when the storm arives, you get the lightning strike.
You need to discuss this with your husband, and make a joint decision. Maybe she must be told she has been highly and deliberately offensive and deserves no further apologies - and must apologise herself, and agree to join in some family sessions ( maybe with the aid of a family counsellor ) to sort things out ; or to take her sourness off into the wilderness, and leave yourselves out of it.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ruby | 2010/01/20

Hi Cruella,

Ek kan verstaan dat CS nie altyd die tyd het om so ' n lang " storie"  te lees nie, maar dit was vir my lekker om die hele post te kon lees en kon agter kom wat die probleem is.

Ek dink jy moet jou skoonsuster kans gee om of self oor haar probleme te kom, of om dalk hulp te kry vir haar emosionele probleme. Dis duidelik dat haar issues met jou baie verder gaan as net jy. Sy is duidelik jaloers op jou en dalk ook op jou goeie verhouding met jou stief-dogters.

Ek sal regtig nie verder tyd mors om te worrie oor waarom sy vir jou kwaad is nie. Jy het ' n wonderlike man en dogters wat jou aandag en tyd nodig het, spandeer liewer jou tyd aan hulle.

Sterkte.

Reply to Ruby
Posted by: cybershrink | 2010/01/20

Gosh, C, such an EXTREMELY long message is Cruella indeed ! Its really worth drafting such a long "question" in your word-processor, and then editing it down as far as possible - because the exercise of clarifying the question and only the most essential supporting details, is in itself a significant way to start helping yourself.
It sounds as though this person is pickled in bitterness over issues she has been brooding over for many many years, and for some reason chose some trivial incident at the wedding as an excuse for the psychological pimple to burst - and to indulge herself by pouring out all her anger and sour feelings. Sounds like much of it may not even be about you, but sometimes in life you're a lightning rod, and because you stand out when the storm arives, you get the lightning strike.
You need to discuss this with your husband, and make a joint decision. Maybe she must be told she has been highly and deliberately offensive and deserves no further apologies - and must apologise herself, and agree to join in some family sessions ( maybe with the aid of a family counsellor ) to sort things out ; or to take her sourness off into the wilderness, and leave yourselves out of it.

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement