advertisement
Question
Posted by: Trixie | 2009/04/06

Probleme

Middag dokter. Ek het groot probleme. Van die geboorte van my kind is ek konstant moeg, altyd hoofpyn my hare val in bosse uit (letterlik bosse). Ek voel al hoe meer depressief ek word kwaad vir alles. Ek kry konstant vaginale infeksie. Ek het die probleme aan my dokter verduidelik. Sy het my aangesê  om vitamins te gebruik (Minamino) wat ek al vir ses maande gebruik (vir twee maande voor dit het ek Slow Mag gebruik) LET WEL NON STOP - ek voel as self nie beter nie en die hare val nogsteed net so baie uit. Sy het vir my ook Probiflora 9 gegee om te gebuik vir die infeksie en swam infeksies wat ek op my hande en voete gekry het. Al wat wel weggegaan het is die swam infeksies op my hande en voete. Die ander infeksie is maar nogsteeds gereeld terug. Ek het my skildklier laat toets - die toetse is bleikbaar normaal [TSH 1.18 - ref 0.27 - 4.20] &  Free T4 ..16 [ref 12 - 22] Comment . So ek weet nie wat kan fout wees met my???? Ek is raad op - ek wil nie meer so sleg voel nie!!!!!!!!!!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Trixie
Baie vrouens verloor hare na 'n bevalling, maar as jy depressief voel en infeksies kry is daar meer as net hormoonveranderinge wat jou simptome veroorsaak. Het hulle jou getoets vir diabetes en gekyk na jou yster vlakke en volbloed telling? Jy moet dalk iets soos Sporanox/Diflucan gebruik vir die vaginale infeksie. Die tipe voorbehoed pille wat jy drink kan bydra tot die herhalende infeksie en dalk moet jy dit verander na iets anders. Doen die vraelys vir depressie by
http://drhansdreyer.com/questionnaire.php
As jy positief toets moet jy iets kry om te gebruik vir depressie by jou GP.
Boereraat: Gooi Bergamot essens (Lennon) 1 botteltjie in jou shampoo en blykbaar help die blou honde/perde shampoo wat mens by troeteldier winkels koop ook.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Cindy | 2009/07/13

More dr,

Ek wil net uitvind ekt baie gesukkel so jaar terug met vaginale infeksie toe het dit vir ' n jaar weg gegaan, maar ek en my verloofde was toe uitgewees, nou dat ons weer bymekaar is, kry ek die vaginale infeksies erger as ooit tevore. Moet hy dokter toe gaan of is dit net ek?

Reply to Cindy
Posted by: Anonymous | 2009/06/05

Ek spot elke maand nou al vir die laaste jaar vir omtrent ' n week lank. Ek is 5 jaar terug ge-steriliseer en sukkel van daar af met my maandelikse menstruasie. Ek is op verskillende voorbehoedpille geplaas en niks wil werk nie. Ek wil nou net alles los en kyk of my sisteem nie vanself sal regkom weer nie. As ek die pil nou los, hoe lank vloei ek en na hoeveel maande behoort my siklus te begin normaal wees< 

Reply to Anonymous
Posted by: Landi | 2009/05/27

More dokter
ek sukkel baie met vaginale swam infeksies ek was by my gyni maar dis asof niks dit weg vat nie dit gaan nou al aan van januarie af en ek is nou rerig moeg vir infeksie.
ek het nog steeds na al die pille en room n af skyding en nog die gejuek . asb is daar enige its wat sal help eks raad op en weet nie meer wat om te doen nie ek raak geiriteer daar mee elke dag. enige iets
Dankie Landi

Reply to Landi

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement