advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/01/29

Probleme

Hi Doc,

Raad asb. Ek voel nie lekker nie. Ek is nou besig om myself te " speen"  van die LASIX af op voorskrif van die Kardio. Ek het van Sept - einde Des. 40mg Lasix een keer ' n dag geneem, verlede week het ek 20mg 2x per dag geneem en vanaf Maandag het ek net 20mg in die oggende gedrink.

Van gister af het ek agtergekom dat my stem weer weg raak en dat ek die vog lagie op my stembande voel, my lyf voel weer geswel (waag dit nie eens naby skaal nie), my hande word blou en my bene, terwyl ek sit of staan.

En nog iets wat ek opgelet het: ek word ROOI in my gesig as ek so sleg voel. Nie net vir ' n paar minute lank nie, maar URE lank lyk dit asof ek sonbrand in my gesig opgedoen het.

Ek sien die Kardio dus oor 3 weke weer. Moet ek liewers weer die LASIX vermeerder? Ek drink geen ander medikasie nie, behalwe vir die Plenish K af en toe.

Dankie, Doc.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Hoekom wil hy jou speen van die Lasix? Drink eerder weer jou 20 mg 2x per dag as jy edeem kry.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cornel | 2009/01/30

Dr. Anrich: ek moet dalk net bietjie agtergrond gee as ek wil he Doc moet my help (jammer, het aangeneem ek is nog betyds vir Dr. Bets en sy ken die hele geskiedenis).

Ek het einde Des. 2008 behoorlike toetse deurgegaan: alle bloede normaal, dus nie hormonaal of skildklier probleme nie UNE was ook goed. (Kalium was effe laag, maar dis reggestel), Angiogram gehad om seker te maak my are is oop (Familie Cholestorol - Lipogram: 9) al toets wat Kardio nie gedoen het nie was " Pulmonale drukke"  en ons het ooreengekom om dit later van tyd te doen as vogretensie voortduur, wat blykbaar die geval is.

Die laaste 3 dae was koud en my hande is so geswel dat ek nie meer my ringe kan aan kry nie. Maag ook geswel en het ondanks ' n goeie en gesonde dieet minstens 2kg in vog opgetel. Dit bekommer my bietjie omdat ek effe kortasem voel en my stem weg gaan.

Dankie vir die hulp.

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement