advertisement
Question
Posted by: Eugene | 2011/04/05

Probleem my pyn in die mond

Hi Dok

Ek het nou seker die afgelopy maand omtrent die verskriklikste pyn in die agterste tande. Bo en onder aan albei kante. Die tande is nie sensitief vir hitte of koue nie, maar dis ''n dowwe pyn wat voel asof die tande gaan " bars" .

Ek het presies ''n jaar gelede my verstandtande laat uithaal (al vier) en so 3 maande terug het ''n my tweede molar gekraak en moes dit laat trek (onder regs).

Ek was by my tandarts (3 keer al) en behalwe dat hy ''n bytplaatjie gemaak het wat niks help nie, wil hy nou ''n wortelkanaal doen op een van die tande (ek kon sien hy is nie seker wat aangaan nie). Ek wil graag weet wie ek kan sien (meer soos ''n spesialis) wat dalk die probleem kan pinpoint en my dalk ''n ander opinie kan gee? Ek kan nie meer die pyn hanteer nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Eugene

Ek stel voor dat jy 'n afspraak by 'n ortodontis maak, sodat hy 'n deeglike ondersoek kan doen.

Groete

Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement