advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/07/09

Probleem met warm kry

Hallo Dokter

Ek weet nie of daar regtig iets is wat mens kan doen rondom my probleem nie, maar enige raad sal help, of selfs net meer inligting oor die probleem.

Ek kry amper nooit koud nie, en ek haat dit want in die winter kry ek warm. Dit is vandag 16°  waar ons bly en omtrent 20°  in die kantoor waar ek werk. Ek kan op my een hand tel hoeveel keer ek hierdie winter al twee langmou hemde oormekaar aangehad het. As ek uitgaan met ete in in die dorp rondloop dan is ek omtrent natgesweet as ek terugkom kantoor toe en moet ''n glas yswater drink om af te koel. Ek het vandag ''n moulose hemp aan met ''n trui en kry verskriklik warm.
Ek kan ook glad nie in warm nagklere slaap nie en ook nie met kouse aan nie. My voete en hande is soms yskoud maar dit pla my glad nie.

Ek is nou 29 jaar oud. Is dit ''n genetiese ding? My pa kry ook vinnig warm maar nie so erg soos ek nie. Wat kan dit veroorsaak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jenn

Dit is moontlik dat jou metabolisme baie vinnig is en jy daarom vinnig warm kry, maar ek stel voor dat jy jou dokter vir bloedtoetse konsulteer om seker te maak dat jou skildklier normaal is.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement