advertisement
Question
Posted by: Raad asb! | 2008/10/20

Probleem met hardlywigheid

Beste Dr
Ek is tans op ' n dieet, nl Weight Watchers dieet. Ek sukkel geweldig met hardlywigheid en gaan slegs 1x per week toilet toe met die hulp van lakseermiddels. Wat kan ek tog doen dat ek natuurlik kan gaan? Ek is 46 jaar oud en het 4 kinders. Ek eet slegs hoë  vesel brood en graankos, baie groente en vrugte en drink ten minste 2 lt water per dag. Gee tog asb raad!!! Ek sukkel egter om gewig te verloor en dit breek my spoed want omdat ek nie toilet toe gaan nie verloor ek baie stadig gewig. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Best Raad Asb
As jy alreeds hoë-vesel kosse en baie groente en vrugte eet, dan kan ek net twee dinge voorstel: 1) gebruik een van jou vrugte porsies op die Weigh-Less diët om gekookte pruimedante soggens saam met 'n hoë-vesel ontbytgraan soos All-Bran te eet (gestoofde pruimedante het 'n kragtige stimulerende uitwerking op die svk), 2) voeg koringvesel (“wheat bran” - begin met 1 teelepel per dag en vermeerder dit geleidelik tot 2 eetlepels per dag) by jou ontbytgraan of jogurt. As jy nog steeds hardlywig is na 3 weke van een of albei van hierdie metodes om gereeldheid aan te help, dan sal jy by die apteek Fybogel moet kry en dit as 'n sagte lakseermiddel gebruik. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op ‘You are what you eat’ en “Healthy GI tract’ om op te lees oor probiotika en ander gesonde svk-praktyke.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

11
Our users say:
Posted by: Veneschmidt | 2016/05/05

Hi daar Ek sukkel met n probleem met hardlywigheid ek het als probeeer maar my maag Wil nie werk nie wat Kan ek doen ?

Reply to Veneschmidt
Posted by: Raylien | 2015/10/21

Goeimore, ek is opsoekna raad. My seuntjie is nou 6maande en sukkel baie met hardlywigheid. Sy maagie werk glad nie gereeld nie. Toe ek geborsvoed het sy maagie elke dag gegaan. Hy is op NAN Pelargon. Enige raad sal wardeur word ek is raadop

Reply to Raylien
Posted by: Dav | 2013/11/07

Ek sukkel om wind te breek, nadat klaar geeet het, en as ek slaap,gebruik laakseer middel dit werk nie. wat moet ek eet. Ek is baie hardlyfwig. manlik 60 jaar oud.

Reply to Dav
Posted by: Ruan | 2013/11/06

Dit help nie veel om hierdie te lees as j klaar daar is nie. Ek was nounet naby aan dood en daar is geen inligting wat mens help om te se as mens klaar daar is hoe om dit makliker te maak op daai oomblik nie

Reply to Ruan
Posted by: Anonymous | 2013/09/21

Ek het 'n baie groot probleem. Vessels maak my hardlywig. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Het iemand dalk vir my raad wat om te gebruik wat nie so duur is nie.

Reply to Anonymous | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2014/02/10

jy kan Lacson probeer. drink elke dag om jou stoelgang sag te hou.

Posted by: jhh | 2008/10/20

Kry dit by Clicks of Clicks apteek. " Aloe"  onder lakseermiddels.

Reply to jhh
Posted by: Raad op! | 2008/10/20

Beste Jhh
Wat is die produk se naam?

Reply to Raad op!
Posted by: jhh | 2008/10/20

My Dr se daar is niks verkeerd om lakseermiddels te gebruik nie.
Sy woorde was hou dit sag.
Ek gebruik ' n alwyn produk, " natuurlik" 
Dit is beter om iets te gebruik as om slegs eenkeer/week te gaan.
Sterkte

Reply to jhh
Posted by: Raad op! | 2008/10/20

Ek sal dit probeer, dankie vir jou raad. Ek wil ook byvoeg, dat ek minstens 3x per week oefen by die gym.

Reply to Raad op!
Posted by: Amy | 2008/10/20

Ek het ook vreeslik gesukkel met hardlywigheid. Niks wat ek geë et of gedrink het het dit beter gemaak nie. As laaste uitweg het ek besluit om ProbiFlora Intensive 9 strain te probeer. Dit is ' n probiotika. Glo my, ek gebruik dit nou vir ongeveer 2 maande en ek weet nie eens meer hoe dit gevoel het om hardlywig te wees nie!! Waar ek altyd 2 keer per week toilet toe gegaan het gaan ek nou 1 keer per dag. Dit is wonderlik.

Reply to Amy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement