advertisement
Question
Posted by: Ilsa | 2009/03/18

Probleem met ekstra rib

So amper tien jaar gelede is bogenoemde probleem deur u by my gediagnoseer. Die regterkant is toe gedoen en verwyder, nou sukkel ek met die linkerkant aangesien ek nou ' n werk het waar ek redelik baie beide arms moet gebruik. Ek wil net weet of die prosedure vir die verwydering van die rib nog dieselfde is, ek het ' n regte sissie geword en is nie lus vir die operasie nie. Kan dit nie nou al d.m.v. ' n laproskoop gedoen word nie?
Vriendelike Groete.
Ilsa Fourie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

beste Ilsa,

Dit is goed om van jou te hoor maar jammer vir die rede. Daar is ongelukkig geen sulke endoskopiese prosedures beskikbaar sover ek weet nie maar waarom maak jy nie 'n afspraak met die dokter wat die prosedures doen nie. As jy na ons website kyk sal jy meer ivm die toestand daar sien en ook 'n artikel deur die dokter wat deesdae vir ons die betrokke operasies doen. (www.shoulderinstitute.co.za ) en kyk na "Thoracic Outlet Syndrome"
Alles van die beste,
Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement