advertisement
Question
Posted by: Moedeloos | 2008/11/25

probleem kind


Goeie more
Ek voel ek is besig om mal te raak.
Ek en my man (tweede huwelik) is volgende jaar 10 jaar getroud. Ek het twee seuns uit my eerste huwelik, twee lieflike kinders, 22 en 23. ek was seker een van die gelukkigste ma'  s wat geen tienerprobleme met hulle ervaar het nie, ek was enkelma wat my kinders ekstra streng en met goeie dissipline en goeie waardes grootgemaak het en vandag pluk ek die vrugte daarvan. my probleem is egter my man se dogter van 17 (altwee sy kinders bly by ons, het ook '  n seun van 14) Die dogter bly al by ons sedert sy 13 was, en sy was eintlik '  n oulike flukse en vriendelike kind met geen probleme (behalwe dat hulle geen respek toon in die manier wat hulle met hulle pa en ma praat nie). So twee drie jaar terug het alles egter verander - sy het met '  n verkeerde meisiekind vriende geword. Ek het hoeveel kere haar pa gemaan om die vriendskap te stop, maar hy het haar egter agter die kind aangery. As sy dogter haar vingertjies klap, spring hy (dit blyk asof hy so bang is die kind is dalk kwaad vir hom as hy haar nie tevrede stel nie). Die kind het al minder respek vir enigeen begin toon, begin rondslaap, drink, lieg, in pubs rondgelê  , gerook , gesteel, skool geslip en die nuutste was toe sy vir winkel diefstal gevang is (waarvoor sy GEEN straf gekry het nie, want haar pa is '  n oud polisieman met baie -|- akte in die SAP) Die tale wat sy gebruik (selfs as sy met haar ma oor die foon praat) is skokkend! Die kind het die slegste denkbare naam en reputasie by die skool, ek is skaam om met haar geassosieer te word. Ek mag egter niks oor haar gedrag sê  nie, dan pik ek op haar. Ignoreer ek haar en onttrek my van haar, verwerp ek haar. Nou wat moet ek doen? Praat ek met my man oor die kind se gedrag en wat sy aanvang, raak hy vies vir my en daar word nie '  n woord van teregwysing vir haar gesê  nie. Sy het absoluut geen reë  ls in my huis nie, terwyl die ander 3 kinders hulle aan reë  ls moet onderwerp Sy is arrogant, ongeskik, onopgevoed en behandel my met minagting en disrespek. Help my asseblief, ek weet nie hoeveel langer ek kan uithou nie, want terug na haar ma wil sy ook nie gaan (wat haar opsteek, saam haar sit en rook en drink, en geld instop vir drank en sigarette terwyl sy ons nie '  n sent kan gee vir onderhoud nie).
Moet ek nou my waardes en beginsels oorboord gooi om die kind te akkommodeer en als wat sy doen maar aanvaar en goedpraat?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

It may feel very uncomfortable, but I'm pretty sure you're not going mad. Why does it sound as though YOU are terribly worried about his kid, but he isn't ? She should be taken to see a good local child psychiatrist or child psychologist, for a full assessment, and then a discussion of what the problem seems to be and how best to handle it. Her parents seem to have failed to give her the necessary gift of discipline and self-respect with respect for others.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement