advertisement
Question
Posted by: C J | 2011/04/15

Post nasale drup

Hi Dokter,

Ek het so 8 maande gelede opgehou rook en sit sederdien gedurig met n post nasale drup wat later oorsit in n slegte bors,sodra ek antibiotika van my dokter kry word dit beter,maar na 3 dae of so begin die simtome maar weer van vooraf.Ek is nou al deur vier kursusse antibiotika en het al verskeie kere vir my Dimozin gekoop.Dit werk so bietjie maar die dag of wat nadat dit klaar is vererger die drup maar weer.Kan dit dalk wees dat ek nagevolge het van die feit dat ek opgehou rook het of kan u dalk aan iets anders dink wat die oorsaak is.
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

CJ

Ek stel voor dat jy 'n Oor-, neus- en keelspesialis vir 'n volledige ondersoek konsulteer. Dit kan as gevolg van jou lang rook geskiedenis wees of iets anders soos 'n skewe neusseptum.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement