advertisement
Question
Posted by: M. Botha | 2009/08/24

Post Nasal Drip &  PDS

Goeie dag

Ek het ' n vraag rondom die volgende simptome wat ek ervaar.

Vir die afgelope 6 maande het ek ' n lastige post nasal drip waarvan ek nie ontslae kan raak nie. Saam met dit het ek die gewone sinus probleme ook vervaar. Ek het verskeidenheid neus sproeie en sinus pille by die apteek gekry wat ek gebruik het en die simptome het vir ' n korte duur opgehou, maar weer terug gekeer.

Ek het geweldige hoofpyne gekry wat gepaard gegaan het met maagpyn, naarheid en diaree. Hoofpyne en diaree het ek soms reg deur die dag ervaar en klokslag in die oggend het ek gebraak (gewoonlik net na ontbyt). Al wat uitgekom het is geel, dikkerige slym. Die neussproeie wat ek gebruik het het niks opgelewer nie, wanneer ek my neus blaas het daar niks uitgekom nie. Ek het ook met gemak asem gehaal deur my neus, geen blokasie nie.

Ek het gedink dis as gevolg van die aanhoudende post nasal drip wat ' n ontsteking in my maag veroorsaak wat die naarheid en diaree voortbring as ook die hoofpyne en maagpyn (die aanhoudende slym is mos toksies). Dit het al hoe erger geword dat ek glad nie meer in die oggende ontbyt geeë t of koffie gedrink het nie. Deur die loop van die oggend het ek ervaar dis beter om dan te eet, dis as of ek rustiger was by die werk en nie so gejaagd gevoel het nie.

Maar die probleem het nie opgehou nie, of ek nou in die oggende voor werk geeë t het of nie ek het steeds gebraak en die slym was soms dikker en baie geel dit het my laat dink aan pure gal.

Op die ou einde het ek dokter toe gegaan (omtrent 2 weke terug) en die het my gediagnoseer met PDS (IBS). Sy verduideliking was dat die slym wel ' n onsteking in my maag gemaak het, maar die probleem was nou al so gevordered dat my gal aangetas is en dit het nou die funksie van my lewer ook beï nvloed. My lewer kan nou nie meer die hoeveelheid slym afbreek en verwerk nie. Ek is aangeraai om sekere kos soorte te vermy asook koffie en alkohol. Dit maak alles vir my sin, maar toe ek begin oplees oor PDS word naarheid en ' n post nasal drip glad nie as simptome geklassifiseer nie, slegs diaree of hardlywigheid en maagpyn. Is hierdie ' n regte diagnose gewees?

Sederdien probeer ek spesifieke kossoorte (suiwelprodukte, rooivleis, brood, pastas en fynmeelprodukte) vermy of slegs baie min daarvan eet en ek drink my medikasie presies soos aanbeveel. My maagpyn en diaree het verminder, maar ek braak steeds elke oggend klokslag.

Wat kan die werklike oorsaak wees en wat is die volgende stap tot geneesing?

U raad en advies sal waardeer word.

Dankie
M. Botha

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo M Botha
PDS is eintlik 'n diagnose van uitsluiting, so die boeke sê mens moet eers al die ander moontlike oorsake van die simptome uitskakel voor jy kan sê iemand het IBS/PDS. Ek dink ook jou Post nasale drip is dalk 'n oorsaak van die probleme ( en is nie 'n tipiese simptoom van IBS nie) en ek dink jy moet eerstens 'n Oor neus en keel spesialis gaan sien - jy het dalk 'n laegraadse sinusitus wat opgeklaar moet word en dan het jy ook dalk 'n allergiese rhinitis wat behandel moet word. Tweedens sou ek jou dalk eers vir 'n gastroskopie gestuur het om te sien of jy 'n maagslymvlies inflammasie het met of sonder galrefluks, want dit moet ook eers behandel word - ek dink jy moet dalk eerder 'n gastroenteroloog hiervoor sien.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement