advertisement
Question
Posted by: Willem | 2008/09/04

Post Nasal drip

Hi Dr,

Het bietjie hooikoors wat erge PND veroorsaak. Ek gebruik Nasakor T neussproei - elke dag al vir die afgelope 3 maande - maar ek dink nie dit werk 100% vir my nie...
As ek iets soos Sudafed daarmee saam neem help dit nogal baie, want die PND veroorsaak dat ek hoes, my keel word baie keer seer en my stem raak sommer weg vir ' n dag of twee as ek bietjie baie praat. Ek suig gereeld sink lozenges en gorrel ' n Jodium oplossing - dit help ontsettend baie om my keel infeksie onder beheer te hou.
Ek wil graag verander na Beconase Aq en sien of dit nie beter vir my werk nie, maar watter ander generiese middel vir Sudafed bestaan, want ek glo nie Sudafed kan te goed op die lang duur wees nie?! Ek ry fiets en oefen baie...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Willem

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy Sudafed staak, aangesien dit nie vir langer as 10 dae gebruik mag word nie en dit jou PND kan veroorsaak. Konsulteer jou dokter en vra hom/haar vir 'n kortisoon inspuiting. Dit behoort jou hooikoors vir 'n periode van 3 tot 6 maande te verlig.

Beconase Aquas is 'n goeie alternatief.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Willem | 2008/09/04

M,

Moet mens die hele 1 liter water snuif en hoe gereeld? Dit kan nie aangenaam wees nie...

Reply to Willem
Posted by: EMJAY | 2008/09/04

Hi M, verstaan ek jou reg? Jy snuif die mengsel van sout en koeksoda gemeng met 1 lt water? Jy kan mos verstik as jy daai goed moet inasem deur jou neus nie waar nie?

Reply to EMJAY
Posted by: M | 2008/09/04

Snuif ' n mengsel van 1 teelepel sout en 1 teelepel koeksodada op ' n liter lou warm water. Dit help om die sinus kanale skoon te maak. dit is nie aangenaam nie maar help. Ek kry ook erg sinus en na my man was vir die operasie en ek het die mengsel ook begin gebruik wat die dokter vir hom voor geskry het  sukkel ek nie meer so met my sinusse nie. Ek het erg booweg luginfeksie gekry.

Reply to M

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement