advertisement
Question
Posted by: lee | 2010-11-29

Post 1698 - yster ens

Goeiedag Dokter,

Ek verwys na my vraag ivm yster wat nie opgeneem word nie ens... Baie dankie vir die inligting asook wikipedia link.

Moet ek ''n internis spreek of my gp? En watse bloedtoetse moet hulle doen en waarna moet hulle in die stoelgang kyk? Kan die toestand herstel word?

Ek wil net graag voorbereid wees as ek dokter toe gaan.

Baie dankie :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lee
Mens se yster is gewoonlik laag as jy dit nie opneem nie of vinniger verloor as wat jy dit inneem. Probleme met opname is minder algemeen behalwe as mens 'n operasie gehad het wat deel van jou derm verwyder het of jy het 'n dermsiekte soos celiac disease. Praat met jou GP want die eerste stap is om te kyk of jy nie yster verloor deur die derm nie (stoelgang toets en dalk gastroskopie om te check vir 'n maagseer)AS nodig sal hy jou verwys na relevante spesialiste. Partykeer is dit nodig om yster met inspuitings of 'n drip te gee as die opname sleg is per mond. Lae maagsuur (as jy chronies antisuur gebruik), tee en fitate in sekere plante verminder yster absorbsie
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-11-29

Hallo Lee
Mens se yster is gewoonlik laag as jy dit nie opneem nie of vinniger verloor as wat jy dit inneem. Probleme met opname is minder algemeen behalwe as mens 'n operasie gehad het wat deel van jou derm verwyder het of jy het 'n dermsiekte soos celiac disease. Praat met jou GP want die eerste stap is om te kyk of jy nie yster verloor deur die derm nie (stoelgang toets en dalk gastroskopie om te check vir 'n maagseer)AS nodig sal hy jou verwys na relevante spesialiste. Partykeer is dit nodig om yster met inspuitings of 'n drip te gee as die opname sleg is per mond. Lae maagsuur (as jy chronies antisuur gebruik), tee en fitate in sekere plante verminder yster absorbsie
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement