advertisement
Question
Posted by: Suzette | 2009/02/09

porforie

Ek wil graag weet op watter ouderdom kan hulle toets of jy porforie het? Is daar sekere kosse wat jy moet vermy en wat is porforie in ' n kort beskrywing asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Suzette
Mens kan op enige ouderdom daarvoor toets. Porfirie is 'n genetiese tekort van sekere ensieme wat mens nodig het om 'n stof te maak wat ons "heem" noem. Heem is deel van die rooi hemoglobien in rooibloedselle wat suurstof dra. As mens 'n tekort aan die ensiem het, bou die boustowwe ( voorlopers van heem) op in die liggaam en veroorsaak simptome ( daar is 8 verskillende tipes porfirie!) Die oortollige boustowwe kan reageer met sonlig en blase, swelling en jeukerige vel veroorsaak. Ander soorte gee akute maagpyn, krampe, naarheid, deurmekaarheid, verlamming, senuwee simptome en hardlywigheid.
'n akute porfirie aanval kan uitgelok word deur medisyne, rook, alkohol, hormone, lae bloedsuiker as jy nie eet nie, stress, son en infeksies. Nie kosse nie
Dr Bets


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

10
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/07/11

Asb help Ek het porferie .Kry sulke blase op my hands en voete dit lyk asof ek gebrand het .

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2016/07/11

Asb help Ek het porferie .Kry sulke blase op my hands en voete dit lyk asof ek gebrand het .

Reply to Anonymous
Posted by: Alida Nel | 2016/02/16

Ek ly ook aan porfirie. Wil net graag weet is daar enige iets wat ek kan gebruik vir die gejeuk van my vel? Gebruik permanent sonroom maar met die hitte werk dit ook nie eers nie. Ek slaap sleg agv my arms wat geweldig jeuk. Vermy ook om in die son te kom maar mens kan dit ook nie heeltemal vermy nie. Enige raad asb. Mev Nel

Reply to Alida Nel
Posted by: cindy | 2015/09/17

medically how dangerous is Porfirie if not attended to.

Reply to cindy
Posted by: Susan Kroep | 2015/09/06

Ek vra ook vir my apteker of die medikasie wat ek gebruik veilig is. Gelukkig weet my dokter ook daarvan. Ek vind tog dat daar seker kosse is wat my siek maak en my dokter reken dat porfirie dit veroorsaak. Ek vermy daardie kosse. Ek vind die grootste sondaar is die son. Probeer so min as moontlik om in die son te wees. Sit 'n groot hoed op en handskoene.

Reply to Susan Kroep
Posted by: Anonymous | 2015/08/11

Drdbaie dankie vir dieinligting aan gaande Porforie, kan u asb vir my n stigting van Porforie gee ? Baie dankie . Elize

Reply to Anonymous
Posted by: Salome | 2014/07/10

Hoe lyk n akute porforie aanval.

Reply to Salome
Posted by: Annalize van Zyl | 2009/05/16

Ek wil graag weet, watter medesyne is gevaarlik as jy ' n porfirie is? Die dr' s weet my ma is een, maar as sy klaar die medesyne gewkoop het en kom by die huis, lees pamflet en dan staan daarop nie vir porfirie nie, nou hoekom gee hulle die goed. Wat kan ' n porfirie lyer gebruik? Is daar ' n profirie stigting in Suid-Afrika?

Dankie

Mev A van Zyl

Reply to Annalize van Zyl | 1 comment (hide)
Posted by: Magda | 2015/07/24

Ek het ook Porforie, Ek is al vir jare by dieselfde dr en apteker en maak tot vandag toe nog steeds seker dat hulle weet ek het Porforie. Ek neem ook geen medikasie by die apteek sonder om te vra of dit vir my veilig is nie. Hulle ken my al so goed dat hulle nou al uit hul eie vir my se hulle is dood seker dat dit vir my veilig is.

Posted by: luette | 2009/03/03

enige raad oor lewe porforie asb

Reply to luette

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement