advertisement
Question
Posted by: Geworry | 2008/09/15

Polsslag in nek onreelmatig

Hi dokter,

My pas is 62 en hy het nou die dag gevra ek moet sy polsslag voel in sy nek. Dit klop ewe skielik baie vinnig, dan normaal, dan ewe skielik is dit asof die ' n klop of twee " skip" .

Wat kan die oorsaak wees of wie is die beste persoon om te gaan spreek? Hy het geen hart probleme, drink net medikasie vir hoe bloeddruk.

Dankie vir u advies.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Geworry
Ek dink jou pa moet na sy GP toe gaan, hulle moet 'n EKG neem en op die EKG kyk of hy 'n aritmie ( onreelmatige hartklop) het en waar die oorsaak is ( mens kan sien op die EKG watter deel van die hart aangetas is) As dit enkele slae is wat oorgeslaan word per minuut is dit gewoonlik nie gevaarlik nie, maar dit kan soms 'n teken wees van hartskade agv hoë bloeddruk.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement