advertisement
Question
Posted by: madelief | 2011/01/12

pngewone maandstonde

Geagte Dr,
Ek is ''n 29 jarige volwasse vrou. Ek het die laaste ongeveer twee jaar opgelet dat ek sowat 2 keer per jaar ''n baie snaakse maandstonde kry. Ek was in 2009 by my huisdokter na die hoeveelste erge vaginale infeksie. Die dokter het vir my ''n antibiotika voorgeskryf en dit is opgeklaar. Hy het gese dat ek candida albicans het. Ek moes gevolglik my dieet aanpas. Ek het ook daarna gegaan vir ''n servikale smeer wat normaal was. Ek het so twee maande gelede ''n baie snaakse maandstone gekry. Dit was so roesbruin/rooi en klonterig. Dit het nie ''n slegte reuk nie, maar lyk net verskriklik. En dit is soms jeukerig maar nie te erg nie. Die maand daarna het ek weer normaal gevloei en nou het ek weer hierdie snaakse roesbruin/klonterige maandstonde. Ek is van plan om ''n ginekoloog te gaan sien, dink u dat ek enigiets het om oor bekommerd te wees. Ek het sopas 29 geword en het nie kinders nie.

Madelief

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Madelief
'n Klonterige menstruasie is gewoonlik net 'n aanduiding van vinnige vloei en die roesbruin kleur is baie keer voor of daarna dit, wanneer die bloed opgehoop het en bietjie ouer is wanneer dit uitkom by die vagina (maw nie vars bloed is nie)As jou menstruasies gereeld is en jy nie oormatig menstrueer nie (> 8 doekies per dag of 8 tampons per dag bebruik nie)is dit nie noodwendig 'n "siekte" nie. Maar ek dink dit is 'n goeie idee om 'n ginekoloog te gaan sien vir 'n check up - jy moet eintlik jaarliks gaan vir jou servikale smeer (papsmeer). Candida is 'n gis wat normaalweg in klein konsentrasies in die derm voorkom, partykeer kan dit bietjie oorneem agv antibiotika gebruik en kan dit vaginale infeksie veroorsaak as mens verkeerd afvee (agter na voor) ipv andersom. Drink probiotika/eet jogurt daagliks om dit te beheer.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/12

Hallo Madelief
'n Klonterige menstruasie is gewoonlik net 'n aanduiding van vinnige vloei en die roesbruin kleur is baie keer voor of daarna dit, wanneer die bloed opgehoop het en bietjie ouer is wanneer dit uitkom by die vagina (maw nie vars bloed is nie)As jou menstruasies gereeld is en jy nie oormatig menstrueer nie (> 8 doekies per dag of 8 tampons per dag bebruik nie)is dit nie noodwendig 'n "siekte" nie. Maar ek dink dit is 'n goeie idee om 'n ginekoloog te gaan sien vir 'n check up - jy moet eintlik jaarliks gaan vir jou servikale smeer (papsmeer). Candida is 'n gis wat normaalweg in klein konsentrasies in die derm voorkom, partykeer kan dit bietjie oorneem agv antibiotika gebruik en kan dit vaginale infeksie veroorsaak as mens verkeerd afvee (agter na voor) ipv andersom. Drink probiotika/eet jogurt daagliks om dit te beheer.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement